Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Hoe oorleef jy ‘n storm?

Deur die donkerste storms
Is ons Pappa-Vader altyd daar
Hy sal ons hand bly vashou
Ons nooit in die steek laat

Hom kan ons vertrou
Altyd na Hom bly kyk
Hy sal ons deurdra
Ons ware Anker wees

Kinders julle kan My vertrou
Deur die storms kan julle altyd weet
Ek is daar
En Ek gee om oor jou

Moenie die storm wegwens nie
My liefste kinders
Hou asseblief net vaster
Kom nog nader aan My

Kinders dis wat Ek julle
Wil en kan leer
In die storms
Dat Ek so getrou is

Kinders julle kan My hand bly vashou
Altyd weet dat Ek naby is
Ek sal julle nooit los
My rug op julle draai

Kinders julle moet asseblief vashou
In die storms van die lewe
Vaster aan My
Moenie dan dink aan My hand los

Nee liefste kinders
Dis dan veral wat julle moet vashou
Julle oë op My bly hou
Saam met My vorentoe beur

Kinders Ek sal My oë
Nooit van julle afhaal nie
Verstaan julle nie
Ek is altyd daar

Ek is die Lig in die donkerste nag
My liefste kinders
Geen duisternis
Kan My liefde uitdoof

En kinders dis wat Ek vir julle wil doen
Dis wie Ek vir julle wil wees
Die Anker waaraan julle
Nie net in krisis-tye vashou

Kinders asseblief
Kom nog nader aan My
Kom sien wat Ek julle wil leer
Kom sien dat Ek julle styf vashou

My kinders
Ek sal julle nooit los nie
Ek wil hê julle moet dit weet
Dit nooit ooit vergeet

Dis Ek wat My kinders deur die donkerste
Diepste storms van die lewe bly dra
My kinders die waters sal julle nie verswelg
As julle My hand bly vashou

Kinders Ek wil meer
Vir julle doen
Meer vir julle gee
As waaroor julle ooit kan droom

Kinders asseblief
Julle moet nog ‘n tikkie nader kom
Kom sien watter wonderlike dinge
Ek in My hart vir julle verborge hou

Kinders julle moet My glo
Asseblief
Net soos ‘n kind
Dit is die vertroue wat julle elkeen moet wys

Kinders julle kan nog nader kom
Asseblief dit is wat Ek so graag wil hê
Dat julle altyd-altyd julle oë op My sal hou
Dat julle nooit sal dink aan opgee

Kinders asseblief
Ek wil hê julle moet weet
Dis wat Ek julle wil leer
Om in die stormtye van die lewe nader aan My te trek

Kinders asseblief
Julle moenie dan dink aan wegbeweeg van My
Nee julle moet dan veral
Net vaster hou aan My

Kinders asseblief
Dis wat Ek julle wil leer
Dis wat Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek in die diepste, donkerste storms van die lewe daar is

Kinders asseblief
Hou op om julle hart en hoop
Op ander dinge
Bo My te plaas

Kinders Ek wil nie hê
Dat dit so sal wees
Ek wil vra vertrou My hart
Vertrou asseblief wie Ek is

Deur elke storm in hierdie lewe
Sal Ek My kinders dra
Altyd by hulle wees
Nooit – saam met hulle – opgee

Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Julle moet weet dat Ek altyd daar is
Ek sal julle nie verlaat

Kinders julle moet weet
Julle moet leer
Dat Ek in die storms van die lewe
Die ware Anker is

Kinders dit is wie Ek bly
Dit is wie Ek altyd sal wees
Daarom maak My asseblief die Anker van jou lewe
Die Anker van jou hart

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s