'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Smag na My

U hart vir ons is mooi
Dit is wie U is
Die beste Pappa ooit
Amen

As Hy ons vra om iets neer te lê
Is dit omdat Hy van beter weet
Soveel mense wil dit nie weet
Tog verander dit niks aan wie Hy alreeds is

Hy was en sal altyd wees
Die Een wat ewig is
Die Een wat alles weet
Daar is net niemand soos Hy ons liefste Abba God

Dit maak my hart so bly
Om te weet Hy gee om
Meer as wat ek kan glo
Meer as wat ek ooit sal weet

Hierdie Koning is LEWE
Hy is HOOP
Hy is alles wat
MOOI is

Vriend, vriendin
Wil julle Hom nie ook innooi
Julle Heer, Vriend en
Saligmaker maak

Dit is die beste besluit
Wat enige iemand ooit sal kan neem
Om Hom in te nooi, in die diepstes van jou hart en wese
Om Hom daarbinne toe te laat

Hierdie Koning van ons is soveel Lig
Hy is sag
Hy gee rerig om
Oor wat lê binne in jou hart

Al vertel die wêreld en sy leuens
Ons dikwels ietsie anders
Is dit nie
Wat die waarheid is

Hierdie Koning leef
Vir ewig en altyd
Hy is die Een
Wat hierdie wêreld so nodig het

Al wil die wêreld
Dit nog nie sien
Bid ek dat hulle oë
Spoedig sal oopgaan

Ons Vader-God
Sy Seun
Is die HOOP
Wat hierdie wêreld so nodig het

Ek bid dat hierdie wêreld, sy mense, sy dinge
Nie meer hul aangesigte op God sal draai
Maar dat hulle sal kom sien
Dat hulle sal kom vind

Daar is soveel meer
Soveel meer
As dit waaraan ons dikwels vashou
Soveel meer!

Kinders Ek wil julle meer gee, soveel meer
Sal julle asseblief ophou om altyd nee te sê
Julle weet nie wat julle besig is om te doen nie
Julle besef nie waarvoor is julle besig om die deur toe te maak

Kinders asseblief
Kom nader
Kom glo vir My
Daar is ‘n passie vir My wat Ek wil hê moet brand in elke hart

Kinders asseblief
Die vlamme in julle hart
Die vuur wat julle daarbinne stook
Dit moet aan My behoort

Liefste kinders asseblief
As julle harte nie met ‘n vurige passie vir My brand
Dan moet julle nader kom
Want dit is wat Ek vir julle wil gee

Moenie dankie sê vir minder nie
My liefste kinders
Kom en kom vat
Asseblief alles wat Ek vir jou het

‘n Vurige passie vir My
Dit is wat in julle harte vir My moet brand
‘n Passie en ‘n vuur wat nie uitgeblus kan word
‘n Vuur aangesteek deur My

Kinders asseblief
Kom vra daarvoor
Dit is wat Ek vir julle wil gee
My hart, My lewe, My als

Genade op genade
Kinders
Dit is My hart vir julle
Hoekom wil julle nee sê

Hoekom wil julle daarmee aanhou
Kinders verstaan julle nie
My Pad is Lig
Dit is die pad waarmee Ek wil hê My kinders moet aanhou

Kinders asseblief
Luister vir My
As julle net tyd met My spandeer wanneer julle My nodig het
Moet julle asseblief weer dink

Kinders asseblief
Ek wil julle alles wees
Ek wil hê julle moet
My altyd ken

Kinders kom asseblief nader
Kom klim in My hart
Kom leer wat vir My belangrik is
Kom leer wat maak My seer

Ongehoorsaamheid en leeglê
Dis iets wat My hart diep tref
Dat kinders nie omgee om meer van My te weet
Meer van My te leer

Kinders hoe kan dit dan wees
Ek wil die vreugde
In die harte van My kinders wees
Ek wil die lied wees wat julle net nie kan ophou sing

Liefste kinders
Asseblief
Kom tog nader
Kom vind tog uit wie Ek rerig is

Laat staan julle beter-weet
Al die fiemies
Al die dinge wat julle vir julleself vertel
Om tog net nie nou te kom

Julle weet nie waarop julle uitmis nie
Julle het net geen idee
Kinders julle moet nader kom
Nader sodat julle kan vind

Ek glo in julle
Sê Abba-God
Ek glo so in julle
Kinders sal julle asseblief kom

Nader tree
My ‘n ware kans gee
Ek kan soveel meer doen
As dit waarvoor julle My krediet gee

Kinders asseblief
Nee dit moet nie so wees
Ek wil die Antwoord op julle lippe wees
Ek wil hê julle harte moet dit altyd weet

Kinders asseblief
Glo vir My
Daar is niks wat Ek nie weet
Daar is niks wat Ek nie kan doen

Ek lief julle met ‘n ongelooflike groot liefde
Sê Abba Vader
Ek sê dit oor en oor
Tog is daar die wat dit nogsteeds nie wil hoor

Kinders asseblief
Luister vir My
Kom nader aan My hart
Kom nader aan Sy klop

Ek wil hê en vra dat elkeen van My kinders
Sal weet wat waarlik belangrik is
Om om te gee vir mense
Om lief te wees vir My

Liefste kinders
Daar is meer
Daar is soveel MOOI in My hart
Wanneer gaan julle wil hoor?

Kinders asseblief
Luister vir My
Gee asseblief oor
Nooi My waarlik in

‘n Nuwe Lewe wil Ek vir jou gee
‘n Lewe wat jy nie ken
‘n Lewe nog nie ervaar
Dit is wat Ek vir jou, julle wil gee

Sal julle asseblief ja daarvoor sê?
Sal julle asseblief kom
Nog nader
As wat julle ooit voorheen was

Kinders
Ek gee om vir julle
Ek wil hê
Julle moet dit weet

Smag na My sê Abba
Smag na My liefste kinders
Soos wat Ek in My hart na julle smag
Kinders julle kan nooit genoeg van My hê nie

Daar is altyd meer
Soveel meer
Smag na My volheid
Sê Abba

Smag na My volheid
In jou
In jou
In elke een

Kinders Ek raak so opgewonde
Ek wil hê julle moet weet
Ek sien die wie se harte uitroep na My
En Ek sal die honger en dors in julle harte bevredig

My liefste kinders
Ek weet dat julle meer wil weet
Ek sien dit liefste kinders
Ek hoor

Dankie dat julle harte
Opreg is voor My sê Abba-God
Dankie dat ons
Die mooiste verhouding kan hê

Kinders Ek glo in julle
Ek glo soveel in julle
Ek weet dat julle
Nog baie nader kan kom

Dankie dat julle dit doen
My liefste, liefste kinders
Dankie dat julle in My glo
Dankie dat julle My liefhet

Dit beteken vir My baie sê Abba
Dat daar dié is wat rerig wil vind
Dankie Abba-God se kinders
Dankie dat julle nader aan My kom

Ek is die Een sê Abba-Vader
Wat die harte van My kinders ken
Niks is ooit te min
Niks is ooit te veel

Ek gee om My liefste kind
Oor elke stukkie waar dit jou aangaan
Oor elke stukkie van jou
Kinders julle is verby kosbaar vir My

Julle is verby kosbaar
Vir julle Hemelse Pappa
Die Een wat julle
So liefhet

Kom nader sê Abba
Kom nader My liefste kinders aan My
Soveel meer wat Ek julle wil gee
Soveel, soveel meer

Kinders glo vir My
Daar is soveel meer
Moenie net stop nie sê Abba
Moenie net stop daar waar dit vir jou gemaklik is nie

Gaan dieper
Kom soek na meer
Kinders
Van Abba-God

My oë is op julle
Ek wil hê julle moet weet
Ek sien julle raak
Ek weet van julle

Kinders van Abba-God
Luister vir My
Kom smag asseblief na meer
Kom smag na alles van My

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s