Byt vas, Liefde so groot

Ware LiG

U is die Een
Aan wie ons harte behoort
Ons is so dankbaar daarvoor
Ons wil net dankie sê

Dat U aangehou het
Met roep Abba Vader
Al het ons soveel kere nee gesê
Ons harte vir U toegesluit

Dankie Abba liefdevolle God
Vir U getrouheid
Dat U Lewe
Die ware Lig is

Ons harte is so dankbaar
So baie bly
Dat ons U kon innooi
U ‘n kans kon gee

Nooit het ek gedink
Dat al die mooi
Wat my pad gekruis het
Ooit my pad sou kruis

Om U in my lewe te hê
Dit maak alles net
So die moeite werd
Abba ons is so dankbaar daarvoor

Dis soos om die hemel
In my hart rond te dra
Dit is hoe dit dikwels voel
Om U net naby My te hê

Abba dankie vir die
Konneksie met U in my hart
Dankie dat ek rerig weet
U daarbinne leef

Vader dis so ‘n groot voorreg
Om U in my hart te hê
Om te weet dat U by my is
Deur elke storm en ook ander tyd

Dankie dat U ons
Nooit sal verlaat
U het U Gees gegee
Om vir altyd by ons te bly

Kinders asseblief
Julle moet dit altyd glo
Dit maak nie saak hoe die wêreld lyk
Of wie wat daaroor sê

Ek sal altyd
Naby My kinders wees
Dit is mos Ek wat in julle harte woon
Dit is wat Abba sê

Kinders julle moet
Aanhou vashou
Al raak dit hoe donker
Julle moet moed hou

Kinders, My kinders
Ek sal altyd-altyd by julle wees
Staan op My Woord
En weet dit is hoe dit is

Kinders hou vas
Asseblief hou net vaster aan My
En weet
Ek sal jou deurdra

Julle hoef nie te vrees
Julle hoef nie bang te wees
As Ek altyd by julle is
As Ek weet van jou

Kinders asseblief
Julle moet geloof in julle harte behou
Julle moet weet dat Ek die Sterk Anker is
Saam met My sal jou boot nooit sink

Weet julle dit
My liefste kinders
Dat Ek die Een is
Wat julle altyd bo hou

Julle kan My altyd
Meer en meer vertrou
Dit is wie Ek is
Die Een waarop almal altyd kan staatmaak

Kinders asseblief
Ek wil soveel meer wees
As net ‘n Vriend
In ‘n noodgeval

Ek wil meer wees
Jou alles
Die Een wat jou in donker dieptes
Krag, hoop en nuwe moed gee vir aangaan

Kinders asseblief
Dit is wie Ek vir julle wil wees
Sal julle My asseblief
In daardie lig begin sien

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s