Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Die letter en wet of Lewe in die Gees?

Woorde van Lewe
Wat in my hart woon
Woorde van Lewe
Wat rigting gee

Abba se kinders
Nooit meer hoef julle bang te wees
Om My met oorgawe te dien
Om julle alles vir My te gee

Kinders van My hart
Ek weet wat in julle harte lê
Vrees vir vandag
Vrees vir môre

Kinders julle hoef nie
Meer bang te wees nie
Die skeiding is geskeur
Die gordyn is oop

Kinders van My hart
Ek weet wat in julle harte lê
Ek weet dit is somtyds moeilik om te verstaan
Die boodskap van die kruis

Waar begin dit
Waar eindig dit
Hulle verstaan nie
Hulle wil graag weet

Kinders van My hart
Ek weet julle wil die waarheid weet
En Ek sal julle leer
As julle net naby My bly

Moet nooit opgee nie
My liefste kinders
Al raak dit soms moeilik
Hou net vaster aan My

Ek weet, kinders
Ek weet dis moeilik
Om al die dinge te verstaan
Dis hoekom Ek vra hou net vaster aan My

Dankie My liefste kinders
Dat julle bereid is
Om julle harte voor My oop te maak
En met My te deel

Dat julle My deel van julle vrese maak
Deel van julle vrae
Dit sê Ek kan kom
Die waarheid nog meer vir julle oopbreek

Kinders Ek weet dis nie aldag maklik nie
Ek weet dit raak somtyds baie, verskriklik moeilik
Om julle oë op My te hou
Dankie dat julle daarmee aanhou

Kinders van My hart
Moet asseblief nie opgee
Die wette van My hart
Hulle is geskryf in julle hart

Daarom moet julle nie bang wees nie
My liefste kinders
My Gees in julle
Hy sal julle self leer

Stel julle harte oop
Ontbloot julleself
En weet dat Ek Myself
Julle leer

Kinders van Abba-God
Julle moenie bang wees nie
Rerig kom net soos wat julle is
Ons vat dit tree vir tree

Kinders van My hart
Weet julle dat deur My Gees
Die waarheid van alles wat Ek is
Self in julle harte woon

Daarom My liefste kinders wil Ek vra
Dat julle nie net na die letter van die woord sal kyk nie
Maar dat julle My sal toelaat om deur My Gees
Met julle harte te werk

Laat My Gees toe
Sê Abba-Vader
Om julle harte te besny
Om die waarheid vir julle oop te breek

My liefste kinders
Julle moenie net weghardloop met ‘n ding
Julle moet wag vir My
Doen soos wat Ek vra

Dis dikwels sê Abba-Vader
Wat My kinders nie wag vir My
En dan doen
Dinge wat Ek hulle nie leer

Kinders van My hart
Asseblief dit hoort nie so
Maak jou fokus om My liewer te kry
En weet dat Ek self jou die waarheid sal leer

Kinders van My hart
Asseblief
Haal julle oë af van die letter en die wet
Plaas dit op My

Deur My Gees staan dit
Alreeds in julle harte geskryf
Hom moet julle volg
Doen soos Hy julle lei

Dis Hy sê Abba-Vader
Die Gees van die Lewende God
Wat My Woord lewe maak
In julle harte

Dis daarom dat Ek vra
My liefste kinders
Luister vir My
Doen soos My Gees julle lei

Dis daarom dat Ek vra sê Abba
Hou op om My net
Met waarheid en woord te dien
Kom uit by die Lewe in die Gees

Dis nuut sê Abba
Dis nuut My liefste kinders
Luister vir My
Dis nie nodig om My net met die woord te dien

Kinders van My hart
Gee asseblief ag op wat Ek sê
Daar is meer My liefste kinders
Daar is Lewe in die Gees

En dis waaraan Ek
Jou wil blootstel sê Abba-God
Dis wat Ek wil hê
Moet deel wees van jou hart

Kinders asseblief luister vir My
Ek weet wat lê in julle harte
Julle kan My nie verlei
Ek weet wie en wat julle is

Kry My liewer sê Abba-Vader
Maak dit jou fokus
En vra My wanneer jy jou Bybel lees
Om My waarheid en nie joune vir jou oop te breek

Dankie liefste kinders
Dat julle omgee om van My te hoor
Ek sal julle die volle waarheid leer My liefste kinders
Hou net aan om julle oë op My te hou

Amen. Halleluja.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s