Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Heilige Gees se Werk

Moenie ooit bang wees
Om jou hart vir my te gee
Kom asseblief
Net soos wat jy is

Weet jy dat ek omgee
Meer as wat jy ooit sal weet
Kinders Ek wil vra dat julle
Dit rerig sal begin glo

Julle is die rede
Dat Ek my Seun gestuur het
Julle en My groot liefde
Vir elkeen

Ek kon nie sien
Hoe julle verlore gaan nie
Liefste kinders Ek moes julle red
Dit het Ek gedoen deur die bloed van My Seun

Dankie dat julle ja gesê het
My liefste kinders
Dat daar tot vandag toe darem
Mense is wat My ‘n kans gee

Dit beteken baie sê Abba-Vader
As julle julle vertroue stel
In die bloed van My Seun
Sy kruisdood in Golgota

Dankie liefste kinders
Dat julle in Hom glo
Dat julle, julle harte oopgestel het
Om die Ewige Lewe te ontvang

Kinders in die dood van My Seun
Het Ek alles nuut kom maak
Nuut deur My Gees
Wat nou in julle woon

Kinders asseblief
Luister vir My
Vertrou die bloed van My Seun
Vertrou My Gees om julle verder te leer

Dis wat Ek sal doen
Sê Abba-Vader
Het Ek dan nie beloof
Ek sal altyd by julle wees

Kinders van Abba-God
My hart vir julle
Is liefde wat bly oorloop
Geen end sal dit ooit kry

Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My
Kom net soos wat jy is
Want jy is goed genoeg vir My

Dis Ek wat die werk van verandering
In My kinders se harte en lewens doen
Dis nie vir julle nodig
Om dit self te doen

Al wat Ek vra
Is ‘n hart wat groei in liefde vir My
‘n Hart wat My elke dag
Nog ‘n bietjie liewer kry

Kinders van Abba-God
Dis al wat Ek van julle wil hê
Kry My elke dag ‘n bietjie liewer en laat My Gees toe
Om die mooiste werk van wonder in en deur jou te doen

Kinders julle hoef nie, dis nie nodig
Om My met julle werke te beïndruk nie
Ek weet wie en wat julle is
Asseblief word net liewer vir My

Kinders van Abba-God
Weet julle dat Ek by julle is
Dat My oë op julle is
En dat Ek julle deur My Gees op die regte pad sal lei

Luister dan net na Hom
Sê Abba-Vader
Luister dan na die influistering van Sy stem
En doen net soos Hy vra

Kinders van Abba-God
Hy sal julle op die regte pad lei
Abba is ‘n God van liefde
Hy sal verstaan as julle vra

Ek verstaan meer as wat julle dink
My liefste kinders
Daarom moet julle nooit bang wees
Om julle harte met My te deel

Vertel My liefste kinders
Wat daarbinne lê
Kinders van Abba-God
Luister asseblief vir My

Ek is geen onredelike God nie
Luister asseblief vir My
Kinders Ek ken julle harte
Ek weet wat daarbinne lê

Die meer-waardigheid
Die minder-waardigheid
Kinders vir My is julle elkeen ‘n oop boek
Ek wil hê julle moet dit weet

Daar is niks-niks
Wat julle vir My kan wegsteek
Tog dink baie tog so
Kinders van My hart

Asseblief luister vir My
Lewe in die Gees
Dit is wat Ek julle bied
Om vryelik in verhouding met My te staan

Kinders van My hart
Ek gee om vir julle
Ek wil hê julle moet dit weet
Luister asseblief na My hart en doen wat Ek vra

Kinders van My hart
Groei in liefde vir My
Leer My ken vir wie Ek rerig is
En nie die Een wie jy dink Ek is

Amen. Halleluja.
Dankie Abba Vader.
Dankie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s