Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

In jou hande

Die balans om My te ken
In hierdie lewe
My kinders
Dit hang alles van julle af

Julle besluit liefste kinders
Hoe vêr of hoe naby
Julle aan My wil wees
Dit hang nie van My af

Baie kere sê Abba Vader
Dat mense dink en rond-vertel
Sekeres is beter as ander
Nie almal is ewe spesiaal

Liefste kinders
Hoor My asseblief
Dit hoort nie so
Dit behoort nie so te wees

Kinders van My hart
Luister asseblief vir My
My hart wil Ek met elkeen van My kinders deel
Is daar die wat sal sê ja

Kinders asseblief
Kom nader aan My hart
Kom kuier ‘n bietjie binne-in
Kom hou saam met My ‘n feesmaal

Dis My hart vir elke kind
Sê Abba
Om self by My te hoor
Om My vir jouself te ken

Hoekom dink jy liefste kind
Hoekom hou jy aan dink
Dat dit net vir sekeres is
Jy is dan vir My net so spesiaal

My liefste kind
Ek nooi jou nader
Ek nooi jou om te kom drink
By die fontein van ewige vreugde

My liefste kind
Verstaan jy nie
Dis ‘n eer en voorreg gegee aan elke kind
Die skeiding is geskeur

My liefste kind
Kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om My hart te kom ontdek

Kinders van Abba-God
Liefste kinders
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle My asseblief vir julleself ontdek

Moet dit nie net altyd
In die hande van ander los nie
Sê Abba
Kom jy, vind asseblief uit vir julleself

My liefste kinders
Dis maar al wat Ek wou sê
Kom net soos jy is
Moenie wag op ‘n ander een

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s