Byt vas, Liefde so groot, Oorgegee

Liggies van Hoop

Kom gee My jou hart
Dit is wat die Koning van alle konings bly vra
Hoor julle My hart
Wanneer gaan julle sê ja

Ek hou aan roep
Ek hou aan vra
Want Ek hou aan hoop
Dat nog baie meer mense sal sê ja

Kinders van My hart
Die wat alreeds aan My behoort
Baie, baie dankie
Nou moet ons nog net die res van die wêreld ook bereik

Kinders van My hart
Sal julle asseblief julle harte vir My oopsluit
Sal julle sekermaak
Dat Ek deur julle kan werk

Kinders Ek gee om vir julle
En dis wat Ek vra
Luister asseblief vir My
Luister na wat Ek vra

Is julle bereid
Om die instrumente te wees
Waardeur Ek die wêreld kan bereik
Waardeur Ek hulle kan aanraak

Kinders asseblief
Sal julle My toelaat
Om deur julle soos ‘n Helder Lig
In hierdie donker wêreld te skyn

Kinders van My hart
Ek wil deur julle
Hoop aan hierdie wêreld gee
Sal julle My asseblief toelaat

Sal julle My toelaat
Om deur julle te werk
Om deur julle te praat
Om deur julle te leef

Ek wil hê en vra
Dat mense My sal sien
Wanneer hulle na elkeen van My kinders kyk
Ek wil hê hulle moet sien Ek leef rerig

Kinders van My hart
Asseblief sal jy toelaat
Dat Ek deur jou doen en late
Hulle nader aan My trek

Dis hoekom Ek My kinders vra
Om dinge soos Ek te doen
Om soos Ek te praat
Sodat Ek andere kan bereik

Kinders van My hart
Verstaan julle nie
Ek vra julle om My liefde te wees
Sodat Ek die verlore wêreld kan inbring

Kinders verstaan julle
Verstaan julle nou My hart
Kan julle sien
Kan julle sien dat dit oor soveel meer gaan

Ek wil die kinders in hierdie wêreld
Hoop gee deur julle
Dit is hoekom Ek aanhou vra
Asseblief skyn julle lig

Kinders van My hart
Sal julle asseblief doen wat Ek vra
Sal julle My plek gee om in en deur julle lewens
Na ‘n verlore-gaande wêreld te skyn

Dit is hoekom Ek julle vra
Om soos julle Koning te praat
Dit is hoekom Ek julle vra om soos Ek te lyk
Om soos Ek op te tree

Kinders van My hart
Dit is so belangrik
Want deur julle kan hulle sien
Wie Ek waarlik is

Kinders van My hart
Luister asseblief hier
Kom nader
Kom gee HOOP deur My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s