Blinde oë, Nuwe hoop

Nader

Kom asseblief nader aan My
Kom gee julle harte
Kom leef vir My
Dit is wat Vader vra

As daar mense in hierdie wêreld is
Wat My nog nie ken
Wat niks van My wil weet
Wil Ek vra dat julle sal nader kom

Dit is tyd dat julle besef
Ek is nie soos wat baie mense dink Ek is
Ek is tien-duisend miljoen kere beter
As die Een wat jy dink Ek is

Kinders van hierdie wêreld
Ek vra dat julle My vir ‘n slag ‘n kans sal gee
‘n Kans om jou hart te betree
‘n Kans om daarbinne te woon

Kinders van My hart
Asseblief sal julle saam met My werk
Daar is baie verlore siele daarbuite
Ek wil hulle so graag inbring

Begin asseblief vir ‘n slag
Vir iets groter as julleself leef
Kom leef asseblief vir My
En My Koninkryk

Kinders, kinders
Ek nooi julle nader
Kinders van die wêreld
Kinders van My hart

Kom glo asseblief
Soos wat Ek glo
Kom leef asseblief
Soos wat Ek leef

Ek nooi julle elkeen nader
Ek nooi julle tot in My hart
Sal julle asseblief kom soek
Ja totdat en sodat julle kan vind

Kom nader aan My hart
Asseblief
Kom nader aan wat Ek
Vir julle wil gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s