Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Leer om My te vertrou

Kom soek na My
Liefste wêreld
Kom soek asseblief na My
Ek wil hê julle moet My vind

Ek wil hê julle moet begin nee sê
Vir al die dinge
Wat julle aandag en tyd
Van My af steel

Ek wil vra dat julle vir My
Sal begin tyd-maak sê Abba
Dis al hoe Ek en alles wat mooi is
Julle harte kan vul

Ek wil hê en vra dat julle
Sal leer om My te begin vertrou
Ek wil hê dat julle, julle aangesigte
Na My toe sal begin draai

Sal julle My vertrou vra Abba
Meer as wat julle die wêreld
En haar manier vertrou
Sal julle My vertrou bo dit wat sy vir julle sê

Haar hart is altyd om te mislei
My liefste kinders
Sy wil nie hê dat julle
My moet vind

Julle moet vir haar begin nee sê
Sê Abba
Dit is al hoe julle die lewe
Die Ware My gaan vind

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
Julle kan hierdie wêreld
Nie so baie liefhê

Dit is so gevaarlik
Om op haar weë te bly loop sê Abba Vader
Hoekom wil julle nie hoor
Wat Ek vir julle sê?

My liefste kinders
Luister asseblief
My hart is om te beskerm
Maar hoe kan Ek as julle nie wil hoor

Julle bly aan dink
Sê Abba-Vader
Dat julle weë hoër is as Myne
Dat hulle beter is

Liefste kinders asseblief
Hoekom, hoekom wil julle nie glo
Dat Myne beter is nie
Dat Ek van beter weet?

Kan een van julle mense
Maak dit wat Ek al gemaak het
Die maan, die son, die sterre
Dit is ‘n begin

Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Hoekom wil julle net nie hoor
Hoekom wil julle aanhou om weg van My te loop

Julle maak dit so moeilik vir My
Sê Abba
Moeilik om julle te vind
Moeilik om julle terug te bring

Liefste kinders asseblief
Sal julle asseblief begin nee sê vir die wêreld
Sal julle asseblief nie meer
Vir haar ja sê

Liefste kinders luister asseblief vir My
Sy is besig om soveel dinge van julle te steel
Omdat julle aanhou
Om vir My en My manier nee te sê

Hoekom maak julle soos steeksdonkies
Vra Abba
Hoekom hou julle aan skop
Hoekom besef julle nie dat Ek en My weë LEWE is?

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê julle moet My
Waarlik kom vind
Ek wil hê julle moet aanhou oorgee

Julle moet op die plek kom
Sê Abba-Vader
Dat julle My
Met alles in julle vertrou

Ja liefste kinders
Dit is hoe dit moet wees
Dit is hoe Ek wil hê
Dit moet wees

Julle moet weet sê Abba
Om in die donkerste
Diepste waters
My hand te bly vashou

Hoe gaan julle ooit weet sê Abba
Dat Ek getrou is sê Abba
Hoe gaan julle dit leer
As Ek dit nie in die storm vir julle wys?

My liefste kinders asseblief
Hou aan om in My te glo
En weet dat Ek julle
Nooit ooit in die steek sal laat

Dit is nie My styl nie sê Abba
Om in die donkerste
Diepste waters
Van My kinders te laat gaan

Nee sê Abba
Dit is nie wie Ek is nie
Dit is nie hoe dinge
By My en My Koninkryk werk

My liefste kinders asseblief
Ek gee vir julle ewig om
En Ek vra dat julle rerig sal leer
Om My te vertrou

Julle moet leer sê Abba
Julle moet weet dat Ek
In die diepste donkerste lewensstorms
Steeds die Anker bly

My liefste kinders asseblief glo in My
Ek wil hê julle geloof in My moet groei
Tot op die plek waar julle My sal bly glo
Al sê julle omstandighede vir julle wat

Ek wil hê julle moet LEWE
In julle omstandighede inspreek
Sê Abba
En julle omstandighede nie dood in julle

Julle het die autoriteit om dit te doen
Sê Abba
Ek My liefste kinders
Het julle die krag gegee

Hou op sê Abba
Asseblief om My nie te vertrou
Ek wil jou rustig maak
In jou hart en siel

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Ek weet wie Ek is
Ek weet waarvan Ek praat

Asseblief liefste kinders
Vertrou My hart van liefde vir julle
Weet dat Ek julle nooit
In die steek sal laat

Ja sê Abba
Selfs al lyk dit so
Selfs al sê jou omstandighede so
Ek sal jou nie verlaat, dit is nie waar

Ek is by julle
Tot aan die voleinding van die wêreld
Sê Abba-God
Dit is wat My Woord beloof

Ek en My Woord is Een
Sê Abba-God
Julle moet net aanhou glo
Daarop vas bly staan

Ja sê Vader-God
Al het jy partykeer min
Al kry jy nie altyd wat jy so graag wil hê
Wil Ek vra dat jy sal aanhou vashou

Ek wil hê julle moet
Uitkom by My hart
Sê Abba
Die mooi daarin

Daarom wil Ek vra
Hou aan vertrou
Met alles wat jy het
Totdat Lig en Deurbraak vir jou aanbreek

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s