Byt vas, Liefde so groot

Hou vas

Vertrou My hart
Sê Abba-God
Vertrou asseblief
Die mooi van My hart vir julle

My liefste kinders asseblief
Julle moet in die tawwe tye bly vashou
Julle kan nie ooit daaraan dink
Om van My hand te laat gaan

Dis julle wat My hand bly vashou
Wat maak dat Ek julle
Uit die diepste waters
Kan bly red

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Al val storms julle in die lewe aan
Saam met My sal julle daardeur

Ja My liefste kinders
Ek vra julle om te bly vashou
Veral as alles vir julle sê
Dat Ek teen julle is

Nee sê Abba-Vader
Ek is altyd naby
Aan die wie My soek
Die wat My liefhet

Luister kinders asseblief vir My
Moenie dink aan ooit opgee
Dit is nie die oplossing nie
Nee nooit nie

Asseblief My geliefde kinders
Hou vas
Aan die mooi van My hart
Dit is wat julle Vader vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s