'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Reënboog-draaie

Moet nooit opgee nie
Sê Abba Vader
Asseblief moet nooit opgee
Op wie Ek is en wat Ek kan doen

Ek wil vra dat julle My
In die donker tye van hierdie lewe
Sal bly vertrou
My liefste kinders

Ek wil vra dat julle
Altyd sal bly vashou
Dat julle altyd sal weet
Ek is baie lief vir julle

Ek weet daar kom baie storms sê Abba
Donker tye in hierdie lewe
Tog wil Ek hê julle moet weet
Ek is altyd naby

Ek is altyd naby
Ek sal julle nooit verlaat sê Pappa-God
Al lyk dit so
Al sê die vyand so

My kinders Ek wil hê julle moet op die plek kom
Liefste kinders
Waar julle geloof in My
Baie harder praat as julle aardse realiteit

Ja sê Abba-Vader
Ja My liefste kinders
Ek wil hê julle moet GELOOF bly behou
Al sê die situasie en wêreld alle hoop is lankal reeds verloor

My liefste kinders
Asseblief luister vir My
Ek wil hê julle moet in die tye van donker wolke
Bly vashou totdat die son en reënboog weer aanbreek

Ja sê Pappa-God, ja
Die son en reënboë kom altyd weer
Ek sal nie toelaat dat julle
In donker tye bly

Ja sê Abba-God, ja
Ek weet stormtye is nie lekker nie
Tog wil Ek hê julle moet weet
Dat Ek dit vir ‘n rede toelaat

Ek laat dit toe
Sê Abba-God
Sodat julle gees-mens
Saam met My kan groei

Ek weet dis nie lekker nie
Maar liefste kinders
Asseblief luister vir My
As jy net bereid sal wees om saam met My deur te trek

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Daar is geen kind van My
Wat nie na die tyd kom dankie sê

Ja hulle kom sê altyd dankie daarna
Sê Pappa-God
Hulle kom sê altyd dankie
Want hulle kan sien die waardevolle lesse geleer

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
As julle net sal ‘commit’ om aan te hou vashou
Sal julle sien

Julle sal sien sê Abba-God
Dat Ek alles draai
Vir die beswil van My kinders
Laat Ek alles draai vir My eer

Ja sê Abba-God
Dit bring vir My groot genoegdoening
Wanneer Ek sien dat julle
By die volmaaktheid van My planne uitkom

Daar is vir My geen groter vreugde!
Dit is vir My lekker sê Abba-God
Dat julle bly vertrou
Al kan julle nie altyd sien waarmee Ek besig is

Want dit beteken
Dat julle My hart teenoor julle vertrou
En dit is wat Ek die nodigste het
Julle vertroue in My hart

Dit is hoekom ek iets soos geloof gemaak het
Sê Abba-God
Om julle die voorreg te gee
Om My hart te kom ontdek

My liefste kinders asseblief
Moet dan nie nee dankie daarvoor sê
Om by My hart uit te kom
Dit is die mooiste mooi!

Ja sê Abba-God
Ek weet dis nie altyd maklik
Tog wil Ek hê jy moet weet
Ek is altyd naby!

Ek sal julle nooit in die steek laat nie
Elke tree sal Ek jou lei
Dit is vir My ‘n voorreg
Om jou kind van God te noem

Dankie My liefste kind
Dat jy in die tawwe tye bly vashou
Dat jy vashou
Aan die mooi van My hart

Want dis wat julle
Deur die moeilike tye van hierdie lewe trek
My mooi hart
En My liefde vir julle

Slegte tye is altyd daar
Om julle die mooiste lesse te leer
Om julle by die mooi van My hart uit te bring
As julle dit net wou toelaat

My liefste kinders asseblief
Moenie slegte tye vrees nie
Selfs al kom hulle
Ek is altyd naby

Ek sal julle nooit
In die steek laat nie
Ek sal julle krag bly gee
Want dis Ek alleen wat julle in hierdie tye dra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s