Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Heilig is mooi!

Het julle Hom al gevind
Die Een wat aan hierdie lewe
Soveel hoop gee?
Hy is Vader se geskenk aan ons

Hy is die Seun van God
In Hom
Is die Ewige Lewe te vind
Hy is die Een wie ewig is

In my hart is ek so bly
So dankbaar
Vader het my kom vind
Ek is so bly ek kon ja sê

As ek jare terug geweet het
Wat ek nou weet
Het ek Hom toe alreeds
In my hart genooi

Ek wens mense kon sien
Ek wens hulle kon rerig glo
Dat wat Hy in menseharte en lewens doen
Iets is wat byna onmoontlik is om in te neem

Hy is so goed
Hy is so wonderlik
Hy is so skoon
Dit is rerig Sy heiligheid wat Hom sooo mooi maak

So baie kere wil ons daarvan weghardloop
Ons hou nie daarvan
Om so skoon soos Hy te leef
Tog is dit die mooiste ding ooit

Liefste kinders asseblief
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom hoor
Heiligheid is so mooi!

Ja liefste kinders
Heiligheid is mooi want dit is wie Ek is
Heiligheid is mooi want dit beteken
Dat daar geen bedrog in My is

Liefste kinders
Asseblief glo vir My
Kom gou
Kom nou

Om heilige, rein
Skoon, voorbeeldige lewens te leef
Dit behoort vir julle so groot voorreg te wees
Want dit is wie Ek is!

Kinders asseblief luister vir My
Ek wil vra dat julle
Die vuilheid van hierdie wêreld sal verruil
Vir die skoon-heid van wie Ek is

Ek is soveel-soveel mooier as sy
My liefste kinders
As julle My net wou glo
As julle My weë net bo haar wou liefkry

Want ja sê Abba-Vader
Daar is baie van My kinders
Wat nie bereid is om in My weë te volg
Tog wil hulle hulself kinders van God bly noem

My liefste kinders
Nee asseblief
Julle moet begin om die eie ek en sy begeertes
Op die altaar van liefde vir My te begin neerlê

My liefste kinders
Asseblief
Asseblief
Ek vra julle om op My weë te begin loop

Ja sê Abba-Vader
Ja My liefste kinders
Dis hoe julle
Die Ware Lewe in My vind

Self moet julle neerlê
Sodat julle die rykdom van dit wat Ek
Vir julle voorberei het in die Gees
Kan vind

Weet dit dan My liefste kinders
Die mooiste, mooiste skatte
Lê en wag vir die wie bereid is
Om na hulle te kom soek

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s