'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Konneksie

Ek wil hê dat julle
By die mooi van My hart
Sal uitkom sê Abba-God
Dit is wat Ek so graag wil hê

Liefste kinders
Dis al hoe julle dit
Tot op die einde gaan maak
As julle bly glo My hart vir julle is mooi

Ja sê Abba -Vader
My liefste kinders Ek weet
Daar is baie dinge in hierdie lewe
Wat julle geloof in My elke dag steel

My liefste kinders
Dis hoekom dit altyd My hart is
Om julle geloof in My
Te herstel

Dis hoekom Ek dit altyd wil opbou
My liefste kinders Ek sal julle hande bly vashou
Deur die felste storms wat hierdie lewe kan stuur
Wil Ek hê julle moet dit altyd onthou

Geen storm is groter as Ek nie
Sê die Heer
Elke liewe reus
Sal voor My bly buig

My liefste kinders
Ek is lief vir julle
En Ek wil hê julle moet weet
Presies watter kragtige wapen geloof in My vir julle is!

Julle kan soveel dinge
In hierdie wêreld verander
Sê Pappa-God
As julle net geloof kon behou

Daarom My liefste kinders
Is dit so belangrik
Om konneksie met My te behou
Want dit is wat geloof bou

Om seker te maak jy kom uit by My
Om seker te maak jy spandeer tyd om My Woord
Dit is waarlik
‘n Wonderlike ding!

My kinders dit bou geloof
Dit voed julle gees
Dit hou julle sterk
Dit is liefste kinders hoekom dit so nodig is

Julle moet dit bly doen My kinders
Julle kan dit nie agterlaat
Julle kan en mag nie toesien
Dat ons konneksie verloor!

Liefste Abba-God
Baie dankie dat U altyd naby is
Om ons vas te hou
Dankie dat U Lewe en Oorvloed vir ons is

Abba ons kan net niks terughou
In U liefdevolle teenwoordigheid nie
Al wat ons kan doen
Is oorgee

Abba U is so die Lig in my hart
En ek wil net dankie sê
U is die Een
Wat my hart soveel hoop gee

Vir vandag
Vir môre
Ek weet U is altyd daar
U sal my nooit in die steek laat

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet vashou
Tot aan die einde bly glo
My God sal ons bly dra!

Want dit is wie Ek is
Sê Abba-God
Ek is Lig! Ek is LEWE!
Ek is die ROTS wat vir alle tyd vas bly staan!

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s