Dis Jesus Christus
Wat my hart
Die mooiste lewenslied laat sing
Waar is daar ooit iemand soos U

U is wonderskoon
In wie U is Abba
Daar is niemand wat ooit
Meer lof en eer as U verdien

Abba-God
U Seun het gekom
Hy was bereid
Om Homself neer te lê

Nooit het Hy gedink
Aan wegloop
Nooit het Hy gedink
Ons moet vir onsself baklei

Hy was bereid Abba
Om die onmoontlike te doen
Hy was bereid om Homself
Sy wil, Sy weë vir ons neer te lê

Abba-God ons is
So bly en dankbaar
U het U Seun
Gestuur vir ons

Dankie Seun van God
Dat U besluit het om te kom
Dat U hart gehoorsaamheid
Aan Abba Vader se wil was

Tot vandag bly die vraag steeds
Sal ook ek en jy bereid wees
Om ons eie wil en planne
Voor ons Vader neer te lê

Sal ook ek en jy
Ons Hemelse Vader se wil volg
Sal ook en en jy besef, weet
Dat Hy die Een is wat van beter weet

Abba-God vra ons elkeen
Om Sy hart vir ons
Te vertrou
Net soos Jesus dit moes doen

Neerlê van self
Was nie vir die Seun maklik nie
Om Sy weë en wil
Nie bo die van Vader te kies nie

Dit kos altyd ‘n prys
Dit is nie maklik nie
Maar Jesus se liefde vir ons
Vader se krag in ons, dit is wat ons bly deurdra!

Liefste Abba-God
Ons wil net baie dankie sê
Baie dankie dat die neerlê van self
Die mooiste, grootste oorwinning vir ons bring!

Want dit is wat Jesus kom doen het aan die kruis
Hy het gekies om Sy self bo alles neer te lê
Om Homself aan U wil te onderwerp
Abba-God ons wil hê en vra dat dit met ons asseblief dieselfde sal wees

Die mooiste glorierykste oorwinning
Het U in stoor gehou
Die dag toe Jesus
Vir U wil en plan ja sê

Vader-God
Ons wil by U hart uitkom
Altyd-altyd
So naby aan U wees

Dankie Abba
Dat U ons help, leer en lei
Om net soos Jesus
Nee vir ons eie begeertes te sê

Laat U wil
Bo alles geskied
Dit was die woorde
Wat Jesus bereid was om te bid

Abba laat ek ook in my lewe
Altyd bereid sal wees
Om vir U planne te bly bid
Dat ek U wil vir my lewe bo alles sal leef

U is die Antwoord
Op die grootste Pyn
Die grootste seer
U is die Een wat ons daardeur help

Help my asseblief Abba
Om aan U te bly oorgee
Net soos deur Jesus gedoen
Om U hart en wil altyd bo die van my eie te vertrou

Want ek weet en glo
Met alles in my
U hart is mooier
As wat enige mens in hierdie wêreld ooit kan dink

Aan U al die lof en eer
Vir die groot en wonderlike oorwinnings
Wat U in die harte en lewens
Van U kinders inbring

Die dag as ons ja sê
Die dae wat ons aanhou besluit
Om U met alles in ons te bly volg
Omdat U bo alles Vader-God so so waardig bly

Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s