Byt vas, Liefde so groot

Deurtrek se geheim

Moenie ooit opgee nie
Liewe wêreld
My oog is op julle
Dit is wat Vader sê

Ek weet dit raak dikwels
Baie donker om julle
Tog wil Ek vra dat julle asseblief
Julle oë op My sal bly hou

Ek weet dis nie altyd maklik
Om dit te bly doen nie
Tog sal Ek jou genade gee
Om dit te bly doen

Hou julle oë asseblief op My
Liewe wêreld
Liefste kinders
En nie op wat die wêreld sê

Gee nie aandag daaraan
Kyk vir My
Kyk vir My
En weet dat Ek groter as hierdie wêreld is

Kom vind julle vrede en rus
In My
Liefste kinders asseblief
Daar waar geen vrees ooit is

Ek weet dit raak somtyds moeilik
So moeilik
Sê Abba-God
Om julle oë op My te bly hou

Ek weet sê Abba-God
Daar is soveel sleg
Wat julle in hierdie lewe omring
Goeters wat net vrees bring

Ek is groter as vrees
My liefste kinders
Ek is groter as alles
Wat jou vreugde wil steel

Hou julle oë asseblief op My
Liefste wêreld
Sien dat Ek die Antwoord is
Op elke liewe probleem

Al is die nag hoe donker
My liefste kinders
Wil Ek hê julle moet weet
Dat dag altyd aanbreek

Hou jou oë asseblief op My
Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek is die Enigste Een

Vind jou vreugde
In My
Wie Ek is
Kom soek My

My liefste kinders
Ek is alles wat vreugde
Hoop en blydskap is
Ek is die Ware Een

Kom laat My toe
Sê Abba-God
Om jou in My liefde toe te vou
My arms om jou te hou

My liefste kinders
Ek is lief vir julle
En al raak dit hoe moeilik
Wil Ek hê dat julle dit altyd sal weet

Hou julle oë op My
Asseblief liefste kinders
Dis al hoe julle gaan deurtrek
Hou julle oë op My

Ja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s