'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

God van die onmoontlike

Ek kan die onmoontlike doen
In die harte en lewens
Van My kinders sê Abba-God
Ek kan die onmoontlike vermag

Al lyk dit nie altyd
Vir julle so nie
Wil Ek vra dat julle
Geloof sal behou

Daar is baie dinge
Wat Ek besig is
Om rondom julle te doen
Al lyk dit nie vir julle so

Hou asseblief julle oë op My
Liefste kinders
Hou julle oë
Asseblief op My

Ek is die Vrede en Rustigheid
In die storms van hierdie lewe
Ek is die Een
Wat julle altyd nader nooi

My liefste kinders
My hart vir julle is sag
Dit is mooi
Ek wil hê jy moet dit weet

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders
Daar is soveel wonderlike goed
Wat Ek julle wil leer

Ek is besig
Met die onmoontlike
Dit wat julle skaars sal kan glo
Hou asseblief aan om na My te kyk

Ek sal julle nooit verlaat nie sê Abba-God
Al raak dit partymaal
Hoe donker in hierdie lewe
Wil Ek vra dat julle dit altyd sal weet

My liefste kinders asseblief
Hou julle oë op My
Weet dat Ek
Die Ewige Antwoord bly

Ek is lief vir julle
Liewe wêreld
En Ek wil hê julle moet weet
Ek het hierdie wêreld reeds oorwin

Alles wat sleg is
In hierdie lewe
Alles wat julle bang maak
Onthou dat Ek daaroor troon

Ek is lief vir julle
Liefste wêreld, liefste kinders
En omdat Ek leef
Kan ons saam daardeur

Ek sal julle nooit
In die steek laat nie
Sê Abba-God
Weet dit Ek is altyd naby

Ek is die Antwoord
Sê Abba-God
Op al die seer in hierdie lewe
Op al die verkeerd

Hou julle oë asseblief op My
Liefste wêreld
Liefste kinders
Maak My jou skuiling

Dis net in My wat julle Vrede
Rustigheid en Beskutting gaan vind
Ek is die Ewige
EK IS

Kom plaas julle hoop op My
Liewe wêreld
Wie julle is
Kom gee dit vir My

Moenie terugkyk nie
Sê Abba-God
Kyk asseblief saam met My vorentoe
Kyk wat Ek in stoor vir julle hou

My liefste kinders
Asseblief hou saam met My
Vas aan die mooi van hierdie lewe
Weet asseblief nie alles is sleg

Net omdat Ek saam met julle
Deur die lewe gaan
Dit behoort dit soveel beter te maak
Dit behoort julle soveel hoop te gee

My liefste kinders
Asseblief
Hou julle oë op My
Hou julle oë asseblief op My

Nooit sal Ek julle sommer net los
Ek wil hê julle moet altyd weet
Ek gee om vir julle
Selfs al lyk dit nie vir julle so

Selfs al sê die wêreld
Iets anders
Selfs al sê dit die teendeel
Weet asseblief dit is nie so

My hart vir julle is mooi
My liefste kinders
Dit is so baie mooi
Sal jy asseblief jou skuiling in My kom vind?

Sal jy weet dat jy
Altyd veilig is by My
Dat daar geen storm is
Wat jy alleen gaan moet oor

Ek sal altyd by jou wees
Nooit sal Ek jou verlaat
Dit kan jy bly glo
Want dit is liefste kind hoe dit altyd is

Hou dan asseblief jou oë op My
Groei nader sê Abba-God
Groei net nader aan My
Weet dan dat Ek Ewige Lig, Liefde, Oorwinning, Vrede is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s