'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Wêreldse Seer

Soveel vrede en rustigheid
Kalmte
Omdat U alreeds
In my hart woon

Ek wil vir U
Dankie sê Abba-God
Omdat ek kan weet
U is by my

Al gaan ek deur
Die felste storms
Moeilike tye
U is altyd daar

U sal my nooit verlaat
Dankie dat U
Die Rots van my lewe
Is en bly

Abba
Ek wil my skuiling
Wie ek is
In U veilige liefde kry

Abba
U is altyd by my
So sal dit altyd wees
Nooit sal U my verlaat

Dankie dat U
Die Rots van hierdie lewe is
Dankie dat U
Altyd omgee

Om van ons te hoor
Om vir ons lief te wees
Waar ons sonder U sou wees
Dit wil ek nie weet

U is die Een
By wie my hart veilig voel
Wanneer ek bang voel
Wil ek net dieper inkruip

Abba-God, Pappa-God
Dit is rerig nie lekker
Om te sien of te hoor
Hoe daar soveel sleg om ons gebeur

Soveel pyn, moord
En slagting om ons heen
Abba-God
Dit maak die hart baie seer

Dis asof alles wat sleg is
Alles wat nie van U is
Hierdie wêreld
Net meer en meer oorneem

Abba-God ons wil nie hê
Dit moet so wees
Ons het nie aldag raad
Ons weet nie hoe om op te tree

Abba hoe kan ons
Die donker in hierdie lewe
Uitroei
Al die verkeerd?

Abba-God ons harte word so seer
Wanneer ons hoor
Wanneer ons lees
Nog iets het gebeur

Wanneer gaan dit stop Abba?
Gaan daar ooit liefde
En vrede
In hierdie wêreld wees?

Abba ek weet U is die Een
Wat ons harte hoop gee
In donker tye
Die Een wat ons bo hou

Abba wat moes ons doen
Wat moet ons doen
Sodat hierdie wêreld
Net ‘n beter plek kan wees?

Abba ons hoor so baie verkeerd
En dan is dit partykeer moeilik
Moeilik om te glo
U is en bly in beheer

Abba daar is soveel sleg
In hierdie lewe
En dis asof die koerante en tv
Dit net uitskree

Abba hoekom
Hoekom is daar soveel seer
Hierdie wêreld maak so seer
Wanneer ons hierdie dinge bly hoor

Abba ek wens dat hierdie aardse plek
Ook ‘n plek van vrede kon wees
‘n Plek waar liefde tussen mense
In oorvloed leef

Abba hierdie wêreld
Is vol seer
Hierdie wêreld
Is vol verkeerd

Abba
Gaan dit draai vir goed?
Gaan dit ooit beter raak?
Ek hoop ek het geweet

Ek weet dat U
Die Antwoord is en bly
U het die Antwoord gegee
Sy Naam is U Seun

Selfs Abba
Al gaan ons in hierdie lewe
Deur die grootste seer
Moet ons weet U is altyd daar

U verstaan en dit is nooit U hart
Om ons seerder te maak
Nee Abba
U is die Een wat heel maak

Ja Abba-God ons verstaan
Sonde en seer het hierdie wêreld ingekom
Toe ons vir die duiwel en sy manier
Ja sê

En Abba al kry hy dit reg
Om nou soveel haat
Onmin en verwoesting
In hierdie wêreld te saai

Weet ons dat dit nie
Vir altyd sal wees
Nee Abba-God
Want U bly ewig in beheer

U het alreeds die dood oorwin
Seun van God
Alle pyn
Behoort alreeds aan U

Alles, alles
Al die lyding
Waardeur ons kan en moet gaan
Het U alreeds aan die kruis gedra

Daarom weet ons
Abba-God
Dat U verstaan
Dat U altyd naby is

Selfs al maak die wêreld
En sy dinge so seer
Weet ons Vader-God dat U die Een is
Wat ons laste saam met ons dra

Vader-God
Ons wil dit vir U oorgee
Al die seer
Al die partykeer-se-min-verstaan

Abba help ons asseblief
Om in hierdie donker tye
Steeds te bly glo dat U lewe
En dat U waarlik liefde en omgee is

Al raak die wêreld en sy laste
Dikwels vir ons swaar
Wil ons U
In ons swaar innooi

U maak laste lig
U het dit self gesê
Daarom sit ons, ons oë op U
Ons hou dit daar

Ons weet U is by ons
Saam met U gee ons nie oor
Ons sal saam met U die pad aanhou loop
Ons sal aanhou glo

Want Vader-God
Dis U wat ons Rots
Is en bly
Die Een wat ewig is

Ons sal nie oorgee nie
Ons sal aanhou glo
U is die Een
Wat ewig in beheer is

Ons sal bly glo
Ons sal bly glo
Deur U genade alleen
Dankie o Heer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s