Moenie bang wees nie
Liefste kinders
Moenie bang wees
Ek het die wêreld reeds oorwin

Ja al voel jy somtyds bang
Al is daar dikwels vrees
Weet dit
Ek het die dood reeds oorwin

Ek is die Een wat ewig is
Sê die Heer
Die Een in wie jy
Altyd kan glo

Ek het hierdie wêreld
En sy dinge
Sy seer en verkeerd
Ek het dit reeds oorwin

Liefste kinders
Daar is ‘n plek in die hemel
Waar die wat vir My lief is
Heenkom

Liefste kinders
‘n Plek van perfekte vrede
‘n Plek waar net
My liefde woon

Ek weet julle smag
Om dit nou alreeds te hê
My kinders
Maar dit kan nie so wees

Daar is ‘n plek
Vir die vyand voorberei
‘n Plek waar hy vir altyd gaan wees
‘n Plek met baie seer

My liefste kinders
My hart vir julle is nie seer
Ek wil hê
Julle moet dit weet

Ja sê Abba-Vader
My hart kry ook seer
Oor al die verkeerd wat in hierdie lewe
Met mense gebeur

Ek wens ook
Dat dit nie so was nie
Liefste kinders
Dat dit nie so hoef te wees

Dis wat gebeur sê Abba
As die wêreld
As mense
Nie in My weë wil loop

Van die begin sê Abba
Wat Ek mense vra
Om Lewe
Bo die Dood te kies

Dis nie vir My lekker
As Ek sien
Hoe mense in hierdie wêreld
Swaarkry

Ek wil nie hê
Dit moet so wees
Ek wil hê
Dinge moet beter wees

Ja My liefste kinders
Ek verstaan julle hart
Want dis ook
Wat in Myne woon

Al die verkeerd, al die verkeerd
Dit is nie wie Ek is nie
Dit is nie hoe Ek wil hê dit moet wees
Sê Abba-God

Ek wil hierdie wêreld
‘n Beter plek maak
Ek kan sê Abba-God
Deur julle ‘n verskil maak

My kinders ek kan laat ons
Opstaan vir ongeregtigheid
Ek kan laat ons ‘n stem word
Vir die wie seer het

Ek kan dinge verander
In hierdie wêreld
Ek kan dit
‘n Beter plek maak

Kom hoor dan net My hart
Liefste kinders
Kom vra vir My
Wat dit is wat jy daaraan kan doen

Ja My liefste kinders, ja
Ek kan dalk nie alles keer
En Ek doen nie altyd nie
Maar Ek bly altyd in beheer

My liefste kinders glo My asseblief
Glo My asseblief wanneer Ek vra
Ek is God
Ek is en bly die ewige Ek Is

Al loop dinge dalk nie altyd
Soos wat julle dit wil hê
Al gebeur daar soveel verkeerd
Weet asseblief dat Ek die Antwoord is

Ja sê Abba Vader
Ek bly die Antwoord
Deur al die verkeerd
Deur al die pyn wat in die wêreld is

Ek kan die seer
Van hierdie wêreld
Vat en draai vir goed
Draai vir My eer

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet altyd weet
Ek is en bly
In beheer

Omdat Ek in hierdie wêreld is
Is daar soveel hoop
Hoop
Waaraan julle kan vashou

Help ons asseblief Abba-God
Om altyd te onthou
Dat U by ons is
Ons is nooit alleen

U het die Antwoord
U bly in beheer
Niks of niemand
Is bo U

Mag ons harte U eer
U net elke dag meer liefhê
U wat die vrede
In ‘n wêreld sonder vrede is

Ons harte gee oor
Ons wil kom vra
Leer ons asseblief meer en meer U weë
En dat U die Antwoord is

Help ons asseblief Abba
Om op te staan
Vir die verkeerd
Om aan te hou bid

Vir ons land
En sy mense
Vir die wêreld
Al die seer en verkeerd

U kan alles draai
U kan die onmoontlike doen
Dis U wat hierdie wêreld, ons nuwe hoop gee
Alles omdat U ewig leef

Ons weet U het ‘n plan
Mag net dit gebeur
Mag elke verlore siel U vind
Mag elke verkeerd draai vir goed

Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s