'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Kyk na My

Hou asseblief op liefste kinders
Om nie in My te glo
Daar is so baie dinge
Wat julle bo My kies

Ek wil nie hê
Dit moet so wees
Ek wil hê
Julle moet kom en rerig glo

Julle kan nie aanhou
Om die dinge van die wêreld
Altyd bo My te kies
Dit hoort nie so

Ek wil hê en vra
Dat julle oë altyd op My sal wees
Ek wil hê ons moet verhouding bou
Sê Abba elke liewe dag

Liefste kinders
Daar is soveel gemors in hierdie wêreld
Soveel dinge waarin die duiwel wil hê
Jy moet verstrengel raak

Liefste kinders
Dis tyd dat ons jou loskry
Dit is tyd
Om jou te bevry

Ons kan nie so aangaan nie
Liefste kind
Liefste seun en dogter
Ek wil hê dit moet anders wees

Ek wil hê julle moet in My glo
Sê Abba Vader
Soos wat Ek in julle glo
Ek weet hoeveel potensiaal in julle lewe

Ek het julle gemaak sê Abba
Om soveel mooi dinge
Saam met My
In hierdie lewe te bereik

Ek wil hê julle moet kom
Liefste seuns en dogters van hierdie wêreld
Ek wil hê julle moet rerig
In My glo

Dis tyd dat julle, julle weë neerlê
Sê Abba Vader
Dis tyd dat julle Myne
Bo die van die wêreld kies

Ek wil hê jou oë moet op My wees
Sê Abba Vader
Ek wil vra dat jy jou oë
Vir die wêreld sal toemaak

Ek wil nie hê jy moet
Meer deel wees van haar nie
Liefste kind
Jy kan dit nie meer bekostig nie

Om haar bo My te kies
Om haar liewer as My te hê
Dit is so gevaarlik sê die Heer
Dit kan nie so wees

Liefste kinders
Seun en dogters van God
Kom asseblief nader
Kom hoor die Woord van God

Ek trek julle nader
Sê Abba Vader
Met koorde van liefde en groot omgee
Ek hoop dat julle dit weet

Daar is niemand bo My
Sê Abba-God
In wie jy ooit moet glo
Daar is geen ander een

Hou julle oë op My
Vra ons Hemelse Vader
Hou julle oë op My
En kyk hoe Ek alles kan beter maak

Ek kan hierdie wêreld
‘n Beter plek maak
As waaroor jy ooit kan droom
Ek wil jou so graag net liefhê

Sal jy My dit toelaat
Sê Abba-God
Sal jy My toelaat
Om net nader aan jou te kom

Asseblief liefste seun
En dogter
Luister asseblief vir My
Dis nie hoe Ek wil hê dit moet wees

Ek wil hê ons moet naby mekaar wees
Ek wil hê ons moet altwee
Rerig omgee
Om van mekaar te hoor

Dis al te lank sê Abba
Dat julle die wêreld bo My kies
Haar weë
Kinders dit is so verkeerd

Luister na My liefste kinders
Asseblief luister na My
Ek wil julle by lewe uitbring
Ek wil julle beskerm in die gees

Ek wil nie hê dat een mens
Nie in My moet glo
Ek wil hê
Elke mens moet kom

Mag dit nie ooit te laat wees nie
Sê Abba
Vir elkeen wat die woorde lees
Mag julle weet dat julle gewaarsku is

Daar is ‘n ander weg
Een wat net na die dood lei
Die Een waarop julle tans loop
Omdat julle nie vir My wil ja sê

Hoor My hart asseblief
Liefste kinders
Ek het gekom sodat nie een mens
Ooit verlore sal hoef te gaan nie

Dit is My hart vir hierdie mensdom
Sê Vader
Om My te kies
Om by Ware Lewe uit te kom

Ja baie kere sê Abba
Dat mense My verwens
Wens Ek was nie rerig hier
Tog het Ek hulle nogsteeds so baie lief

Dis My hart
Dat elke mens sal weet
Dat Ek
Die ewige antwoord is

Ek is die Antwoord
Op al julle probleme
Liefste wêreld
Al wil julle dit nie weet

Haal julle oë asseblief af
Van die wêreld en haar manier
Liefste kinders
Kom leef asseblief waarlik vir My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s