Byt vas, Nuwe hoop

Mooiste Een

Geen groter vreugde
Sal een mens ooit
In hierdie lewe vind
As om aan die Here oor te gee

Om die Here te vertrou
Met alles wat jy is en het
Dit bly die ding
Wat Hom die blyste maak

Hy is so bly
Wanneer mense terugkom
Terugkeer na die mooi van Sy hart
Terugkeer na die mooi van wie Hy is

Daar is geen mooier een
As Hy
Ek wil hierdie woorde
So graag met julle deel

Hy het julle liewer
As wat hierdie wêreld
Of enige iemand daarin
Julle ooit kan liefhê

Nooit sal Hy Sy oë
Vir ‘n oomblik kan afhaal
Van die wat Hom liefhet
Dien en ken

Geen groter vreugde
Sal julle ooit leer ken
As om Hom die Heer en Meester
Van jou lewe te maak

Daar is geen mooier een
As Hy
So sal jy dit ook ondervind
As jy Hom Koning maak

Elke dag
Verhouding met Hom bou
Dit is wat die Anker in hierdie lewe
Is en bly

Om Hom te ken
Om vir Sy Seun lief te hê
Om na Sy Gees te luister
Daar is niks beter op hierdie aarde nie

Ek wil hê Sy Woord
Moet aanhou om My hart te besny
Want ek weet Hy is net besig
Om my meer soos Hy te maak

En watter groter voorreg kan daar wees
Om deel van Sy lyding te raak
Elke keer
Wat ek vir die sonde nee sê

En ja dis dalk nie lekker in die begin
Maar as ek kyk na al die mooi wat gebeur
As ek vir Hom ja sê
Wil ek daarmee aanhou

Ek wil Hom ‘n plek van eer
In My lewe gee
‘n Plek altyd baie hoër
As al die ander wat vir my belangrik is

Hy verdien my beste
Hy verdien my totale oorgawe
En dit liewe vriend, vriendin
Is wat Ek altyd aan Hom wil gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s