Byt vas, Lofprysing

‘n Tikkie hemel

Soveel vreugde
Het in my hart ingetrek
Die dag toe ek vir die
Koning van alle konings ja sê

Nooit het ek geweet
Of besef
Dat die mensehart rerig
Soveel blydskap kan ondervind

Ek het nie gedink
Dit is moontlik nie
Dit het ek al baie
Op my pad saam met die Here gesê

Soveel mooi
Het al my pad kom kruis
Dinge wat ek nie ooit gedink het
Vir my of my lewe moontlik was

My liefste God
U is so groot
U het my hart al so bly kom maak
Met net die mooi van wie U is

Om U te ken
Is om U liewer te kry
Ek is so dankbaar ek kan sê
Dat U my Bron en Anker is

U is alles wat die lewe
Die moeite werd maak
U is alles
Wat dit mooi maak

In U en U liefde vir my
Wil ek nog soveel
Meer en mooier pieke
Saam met U bereik

Dankie Abba Vader-God
Dat U die Antwoord is en bly
Selfs in die dale van die lewe
Was U altyd naby

U sal my nooit verlaat
Het U aan die begin gesê
Tot en met vandag is dit die belofte
Waaraan ek die meeste vashou

Alles gaan draai vir goed
In my lewe
Al die seer
Al die verkeerd

Dankie Abba-God
Dat U altyd in beheer bly
Dit gee my soveel hoop
Om te weet dat U kyk na my

Baie dankie daarvoor
Abba-God
U maak my hart ongelooflik bly
Ek wou hierdie woorde net graag vir U sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s