Lofprysing, Nuwe hoop

U is

U is die Een
Wat aan hierdie lewe
Soveel sin
En betekenis gee

U is die Een
Wat ewig is
U is die Een
Wat ewig leef!

Om U te bemin
Om U lief te hê
Dit beteken vir ons so baie
Dit is die lewe self

Dankie Abba-God
Dat U, U Seun gegee het vir my
Dankie dat Hy gekom het
Om my te bevry!

Dit bly ‘n groot vreugde
Om U elke dag
Beter te leer ken
Meer lief te hê

Dankie Abba-God
Vir wie U is
Die lewe vind in U
Soveel betekenis

Omdat U leef
Is daar sin vir môre
Is daar sin
In vandag

Vader ons wil elke dag
Aanhou groei in U liefde vir ons
Ons wil U elke dag
‘n Bietjie liewer kry

Dankie dat U die Een is
Wat altyd bly
Dankie dat daar geen ander
Soos ons Koning is

U is vir ons
Vêr by lieflik verby
U is die Een
In wie hierdie lewe betekenis kry

Omdat U leef
Is daar hoop vir môre
Omdat U leef
Is daar hoop vir aangaan

Vader ons loof
En prys U Naam
Vir wie U is
En vir wat U beteken vir ons

Meer as wat ek ooit kon droom
Dit het U in my lewe waargemaak
En ek Vader-God
Sê baie dankie daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s