'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

My storie

Ken jy Hom
Wie die Anker is in hierdie lewe
Het jy Hom
Al ‘n kans gegee?

Het jy Hom
Al ingenooi
Koning van jou hart
Jou hele lewe gemaak?

Liewe vriend
Ek wil vir jou sê
Dat dit die beste keuse is
Wat enige iemand ooit in hierdie lewe kan maak

Mense hou aan uitstel
Omdat hulle Hom nie rerig ken
Mense hou aan uitstel
Omdat hulle nie besef hoe baie lief Hy hulle het

Aan elke een
Het Hy die keuse gegee
Om Hom bo die dood te kies
Tog hou soveel aan om nee te sê

Ek verstaan dit nie aldag
Het ek al baie vir die Here gesê
Hoe kan hulle U nie beter wil leer ken
Het hulle dan geen idee hoe wonderlik U is

Ja vir baie jare was dit ek
Het ook ek aangehou
Om vir Hom die deur te wys
Hoe verkeerd ek was besef ek nou

Ek het die mooiste ding
Wat in hierdie lewe
Met ‘n mens kan gebeur
Weg gewys omdat ek nie seker was

Nie seker was of ek Hom
Rerig kon vertrou
Nie seker was of Hy ooit
Iemand soos ek perfek kan liefhê

Sien want daar is niks
Spesiaal aan my
Dit het ek al soveel kere gesê
Dit het ek al soveel kere gedink

Min het ek besef
Dat die Koning van die Heelal
Alreeds ja gesê het om my te leer ken
Toe Hy aan die kruishout hang

Want ja toe het Hy
Ons alreeds liefgehad
Toe het Hy alreeds gesê
Ons is en bly goed genoeg

Klein treëtjies van oorgee
En vertrou het ek begin gee
Die dag toe my hart
Hierdie waarheid werklik snap

Oornag het dit dalk nie gebeur
Maar stap vir stap
Het ek die Geliefde van my hart
Beter en beter leer ken

En dit liewe vriend en vriendin
Is al wat ek julle aanmoedig
Om in hierdie dag te doen
Verbind jouself om uit te vind wie Hy rerig is

Moenie die leuens
Wat die wêreld oor Hom vertel
Glo nie
Spoor self op Sy hart

Hy is mooier
As wat hierdie wêreld dink
Soveel mooier as wat hulle sê
Dis omdat hulle nie weet wie Hy rerig is

Alles wat mooi is
Het Hy in my lewe ingebring
Alles wat mooi is
Die dag toe ek Hom binnenooi

Jong is ek nou baie bly
Ek het vir hom ja gesê
Deur Sy genade kon ek kom
Toe Hy my nader nooi

En dis wat Hy vandag nog doen
Hy hou aan uitreik
Na ‘n wêreld wat Hom steeds
Nie wil leer ken

Geen groter liefde
Het ek al ooit gesien
As dit wat Hy
Elke dag aan ons bewys

Hy is getrouheid self
Hy is waarlik alles wat mooi is
En soveel meer
My wens is dat ook jy Hom sal vind

Dat jy Hom sal leer ken
Vir wie Hy werklik is
Dat jy Hom sal innooi en net soos ek
Hom waarlik ‘n kans gee

Om jou nuut te maak
Te herstel
Van die lewe se seer
Van alles wat teleurstel

Dis wat Hy vir my
Kom doen het
Dis wat ek weet
Hy ook vir jou wil gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s