Byt vas, Liefde so groot

Ewige God

In My geliefde God
Sal ek bly glo
Selfs al sê die wêreld nee
Selfs al dink hulle ek is mal

Dis omdat ek weet
Dis omdat ek besef
Hy is groter as alles om My heen
Hy het Sy Woning in die hemel gemaak

Ja Hy is groter
As wat hierdie wêreld bring
En saam met Hom
Kan ons die felste storms hanteer

Dis Hy wat Lig en Lewe
Hoop
Met slegs Sy teenwoordigheid van liefde
In ons harte inbring

Ek is so bly
So dankbaar
Dat hierdie God van my ewig leef
Hy het die dood alreeds oorwin

As Ek my oë
Op Hom bly hou
Altyd bly vertrou
Sal Hy my deur die donkerste storm trek

Hy is groter as hierdie wêreld
Hy het dit en alles wat pla
Alreeds deur die dood van Sy Seun
Aan ‘n kruis oorwin

Hy is die Enigste Ware Antwoord
Wat hierdie wêreld ooit kan bied
Ons moet net aanhou
Om altyd in Hom te bly glo

Hy is groter
As ons probleme
Hy is sterker as dit
Wat ons wil onderkry

Daarom sal ek kies
Om deur die moeilike
En goeie tye van die lewe
Hom te aanhou prys

Want Hy is dit waardig
Hierdie geliefde God van ons
Altyd maar altyd
Is Hy so naby

Kom ons hou dan aan
Met vashou
Omdat ons weet
Dat Hy dit vir ons gaan voleindig

Hy het ons lief
Met ‘n Ewige Liefde
Net daarom kan ons nie ooit
Dink aan opgee

Sy liefde sal ons bly dra
Liefste wêreld
Deur die storms van die lewe
En ook daarna

As ons net ons oë
Op Hom wou bly hou
As ons net bereid is
Om altyd in Hom te bly glo

Hy wat die Antwoord is
Hy wat ons so styf vashou
Hy wat ons dra en lei met Sy genade-hand
Hy wat altyd so bitter-baie naby aan ons is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s