'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

God is groter

Soms kom daar twyfel
In die mensehart
Of daar nog ‘n God is
As soveel slegte goed dan gebeur

Wanneer omstandighede
Hard praat
En alles sê dat
Dit net nie moontlik is

Daar is baie dinge in hierdie lewe
Sê Vader-God
Wat geloof in My
Uit menseharte steel

My liefste kinders
Asseblief
Ek weet dit is moeilik
Maar asseblief druk saam met My daardeur

Ek is die Een
Wat dit vir julle moontlik maak
Om deur die storms van die lewe
Te bly gaan

Hou moed
Asseblief My liefste kinders
En weet dit
Ek is altyd daar

Moenie toelaat dat jou geloof in My
Verflou
Wanneer jy sien
Dat slegte goed op aarde gebeur

Ek is meer as dit
My liefste kinders
Ek is groter as dit
Dit is wat Vader sê

Hou asseblief moed
Liefste kinders
En weet
Ons gaan saam daardeur

Ek weet sê Abba-Vader
Ek weet dat daar baie storms is
Wat julle in hierdie lewe
Moet trotseer

Ek wil dit saam met jou doen
Sê Abba-God
Ek wil nie hê jy moet alleen
Die laste van hierdie wêreld dra

My liefste kinders
Asseblief
Kry nuwe moed
Weet asseblief jy is nooit alleen

Ek is die Een
Wat jou deur moeilike tye sal bly dra
Selfs al verstaan jy nie
Hoekom ‘n enkele een gebeur

Ek verstaan en weet
Sê Abba-Vader
Dat dit moeilik is
Om te bly glo

Moeilik is
Om nie die stryd op te gee
As alles in hierdie lewe
Vir jou sê nee

My liefste kinders
Daar is meer
Soveel meer is daar
In hierdie lewe te vind

Liefste kind
Liefste seun en dogter van God
Hou asseblief aan
Om julle oë op My te hou

Soms as daar vertwyfeling
In julle harte inkom
Dinge wat sê dat julle nie meer in My kan glo
Sê asseblief nee daarvoor

My liefste kinders
Ek is altyd naby
Ek is die Een wat mense van hierdie lewe
Deur die storms dra

Ek is groter as storms
Sê Vader-God
Daarom wil Ek vra dat julle
Asseblief julle oë op My sal bly hou

Moenie moed verloor nie
Liefste kinders
Moenie toelaat dat die dinge van hierdie wêreld
Jou in sak en as laat sit

Ek is groter as dit
Sê Abba-Vader
Ek is groter as alles
Wat julle vreugde en blydskap wil steel

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders
Hou julle oë op My
Moenie moed verloor

Omdat Ek leef
Is daar altyd hoop
Vir vandag en môre
Dit is wat Vader sê

Asseblief My liefste kinders
Hou julle oë op My
En weet
Ons gaan saam daardeur

Ek sal my oë op jou bly hou
Sê Abba-God
Nooit sal Ek dit van jou My geliefde kind
Seun en dogter afhaal

Ek weet dis somtyds
So moeilik
Ek weet van die vertwyfeling van die vyand
In julle harte gesaai

Hou moed asseblief
My liefste kinders
Hou moed en weet
Jy gaan dit maak!

Hierdie storm
Gaan jou nie verpletter nie
Liefste seun en dogter
Saam gaan ons hom ore aansit

Ons gaan vir hom wys
Waar Dawid se wortels gegrawe lê
Hou moed asseblief
Liefste kinders hou moed

Saam met My
Sal julle altyd
Oor die storms van die lewe
Triomfeer

Ek is groter as dit
Sê Abba-God
Ek is groter
As die storm wat jou omring

Die storm wat jou wil klaarmaak
Sal dit nie reg kry nie
Jy moet net asseblief
Jou oë op My bly hou

Glo dat Ek
Die Antwoord is
Liefste kinders
Glo dat Ek altyd naby is

Want dit is hoe dit is
My liefste kinders
Hou aan om julle oë
Op My te hou

Wanneer vertwyfeling kom
Sê nee dankie daarvoor
Sê eerder
Hierdie Koning het Sy Seun vir my gegee

Dis hoe baie Hy my liefhet
Dit sal Ek bly glo
Nooit my rug
Op Hom kan draai

Hierdie wêreld
Het Ek reeds oorwin
Sê die Seun van God
Jy moet dit net saam met My bly glo

Niks sal jou kan onderkry
My liefste seun en dogter
As dit jou Anker
In die lewe is

God is groter
As my omstandighede
God is groter
As dit waarmee jy sukkel

Dit moet julle asseblief altyd onthou
My oog sal op julle wees
Liefste kinders
Om julle te bly deurdra

Ek is altyd naby
Nooit sal Ek een van My kinders
In die steek laat
Al is dit dat jy skade lei

Ek sal herstel
Wat die vyand gesteel het
Vrede en liefde
Geloof in My sal Ek in julle harte insit

Dankie dat julle My bly glo
Liefste kinders
Dat julle elkeen kies
Om julle oë op My te bly hou

Ek weet dinge maak nie aldag sin nie
Sê Abba-God
Maar een dag
Gaan alles volkome doen

Ja liefste kinders
Dan gaan julle so duidelik sien
Ek het nooit maar nooit
Uitgehou op jul

My hart is altyd om te seën
Sê Abba-God
Altyd om meer van Myself
Aan die mensdom te bly gee

Al is daar soveel sleg in hierdie lewe
Sê Abba-God
Wil Ek vra dat julle asseblief
Die goeie sal vind

Ja daar is nog baie goed in hierdie lewe
My liefste kinders
Vra My asseblief
Om julle oë oop te maak

Vestig julle oë op My
Liefste kinders, liefste wêreld
En sien asseblief rerig
Dat Ek die Een is wat alles nuut en mooi maak

Moet dan nie moed verloor
Liefste seun, dogter van God
Hou julle oë op My en onthou
Dat Ek alleen altyd die Enigste Antwoord is en bly

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s