'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Die goue jy

As jy partykeer
Moedeloos voel
Wanneer jy voel net slegte nuus
Klop aan jou deur

Liefste kind
Sal jy asseblief dan sterk bly staan
Sal jy My asseblief kom vra
Om saam jou laste te dra

Want My liefste kind
Seun en dogter
Daar is niks in hierdie lewe
Wat Ek meer wil doen

Ek is so baie naby
Sê Abba-Vader
Aan mense wat gebroke is van hart
Mense wat seer het

Ek sien die minderwaardigheid wat in jou woon
Sê Abba-God
Die konstante leuen wat vir jou vertel
Jy is nie goed genoeg

My liefste kind
Seun en dogter van God
Ek wil hê jy moet altyd weet
Dat wie jy is soveel waarde bly dra

Moenie neerkyk op jouself nie
Vra Abba-God
Asseblief nee
Hou aan om na My te kyk

Ek is die Een
Sê Vader-God
Wat die waarde van wie jy is
In jou wil kom herstel

Vir My is jy werd
Baie meer as korale
Ek het jou gemaak liefste seun en dogter
Ek het ‘n mooi plan vir jou lewe!

Ek het ‘n plan
Wat jou sal verstom
My liefste kind
Seun, dogter as julle net wou begin ja sê

As julle
Net wou begin glo
Dat Ek rerig die Antwoord is
Dat Ek alles kan draai

Hou julle oë asseblief altyd op My
Liefste seun, dogter
Weet dit, wie jy is, jou lewe
Dit dra soveel waarde!

Moenie op jouself opgee nie
Sê Abba-Vader
Ek glo in jou!
Ek weet jy kan!

Glo in jouself
Soos Ek doen sê die Heer
Wanneer jy sukkel
Kom en gee alles vir My

Ek is die Lied in hierdie lewe
Sê Abba-God
Ek wil hê jy moet My kom vind
En dan moet jy dit sing

Ek is die Een
Wat in hierdie lewe
My liefste seun en dogter
Vir jou nuwe hoop kan gee!

Ek is die Een
Wat alles laat sin maak
Ek is die Een
In wie Ek wil hê jy moet altyd bly glo

Bly glo asseblief
Sê Abba-Vader
Weet dit
Dat Ek altyd die Antwoord is

Ek sal jou bly deurdra sê Abba-God
Ek sal nooit
Nie eers vir ‘n sekond
My oë van jou kan afhaal

Dit is hoe waardevol jy is vir My
Liefste seun en dogter
Ek sal nie toelaat
Dat jy uit My hand uit gly

My hart is altyd
Om elkeen van My kinders te beskerm
Om hulle NUWE HOOP te gee
Om hulle deur te dra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s