Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Tot die einde

Deur die storms van hierdie lewe
Was ons God nog altyd getrou
Wie kan saam met my
Hiervan getuig?

Ja ons Abba-God is soveel groter
As die storms wat ons lewens
Hier op aarde bedreig
Hy is waarlik groter!

Al het die storms
Al so fel geslaan
Al het ek al ‘n hele paar keer
My stewige houvas op hierdie lewe verloor

Het Hy
My elke keer kom haal
My elke keer opgehelp
Om weer in hierdie lewe te glo

Ja hierdie wêreld is soms
So baie kere geweldig moeilik
‘n Mens weet nie aldag
Gaan ons dit ooit maak

Maar die Here is so getrou
Elke keer kom haal Hy ons
Jy is vir My baie meer werd as ‘n mossie
Is wat Hy aanhou sê

Liefste kind as die wêreld
Partykeer vir jou ondraaglik raak
Wil Ek vra dat jy
By My sal kom wegkruip

Ek wil My vleuels van genesing
Genade en liefde oor jou trek
Ek wil hê jy moet weet
Hoe baie spesiaal jy is vir My

My liefste seun
My liefste dogter
Ek het julle lief met ‘n Ewige Liefde
En niks sal julle ooit uit My hand kan skeur

Ek glo in jou
Is die woorde wat my Pappa-God
Oor en oor vir my sê
Liefste kind jy kan!

Saam met My
Kan jy hierdie lewensreis aanpak
Saam met My
Sal jy oorwin!

My liefste kind
Al wat Ek vra
Is dat jy nader aan My sal bly trek
Dat jy My nommer 1 in jou lewe sal maak

Niemand kan of mag
Ooit bo My wees
Nie eers jou geliefde nie
Dit sê ons Abba-God

Hou asseblief julle oë op My
Vra Abba-God
Onthou dat ons een is
Onthou dat niks jou van My liefde kan skei

My oog sal op jou wees
Sê Abba-God
Nooit sal Ek dink aan jou verlaat
Of net nie meer by jou wees

Ek is altyd naby die kinders
Wat My gekies het
Sê Abba-God
Ek sal hulle nooit alleen kan los

Sê My Woord dan nie vir julle
‘My oog sal altyd op julle wees’
Dit liefste kinders
Dit kan julle gerus bly glo

My oog sal op jou wees
Dit is My belofte
Vir jou
En elke een

Moet dan nooit ophou glo nie
Liefste kinders
Moet nooit dink aan opgee
Al raak dit hoe donker

Selfs as julle soos Daniël se vriende
In die vuuroond moet bly staan
Omdat julle nie voor afgode wou buig
Moet julle weet, aanhou glo

Dat Ek in beheer is
Dat Ek in en uit die grootste sleg
Die mooiste mooi
Kan maak

Hou julle oë dan asseblief op My
Liefste kinders asseblief
Moenie dat opgee op My
Ooit ‘n opsie is

Ek wil hê dat aanhou glo
Tot die einde jou alles sal wees
Selfs al sê die wêreld nee
Selfs al sê wie wat

Sal jy asseblief altyd aanhou glo
Liefste kind
Liefste seun en dogter
Dis wat Ek so graag wil hê

Ek soek kinders
Sê Abba
Wat tot op die einde sal bly glo
Wat tot op die einde sal bly vasstaan

Ja My liefste kinders ja
Hy wie tot die einde volhard
Hy sal gered word
Dit is wat My Woord vir julle sê

Hou dan asseblief uit en vas
Tot op die Einde
Moenie ooit
In die middel opgee

Dis aan die einde sê Vader
Dat die wie deurgedruk het
Die wie aangehou glo het
Die kroon van die Lewe sal ontvang

My liefste kinders
Asseblief
Ek vra julle om aan te hou glo
En om nie vir ‘n oomblik te dink aan opgee

Daar is meer as hierdie wêreld
My liefste kinders
Meer as hierdie wêreld
En dit wat julle nou ken

Daar is ‘n Ewigheid wat wag
Sê Abba-Vader
En Ek wil nie hê dat julle
Dit ooit uit die oog moet verloor

Onthou altyd dat daar ‘n Ewigheid is
Sê Abba
Dit wat nou en hier aangaan
Dit is nietigheid teenoor dit wat dan op julle wag

Dis hoekom Ek vra
Dat julle nou en hier
Vir My en nie julself
Op die aarde sal leef

Die lewe hier op aarde
Gaan oor My
Sê Abba-God
En Ek wat My oog op jou bly hou

My hart is altyd om te seën
Sê Abba
En dit is wat jy in alle opsigte sal ondervind
As jy net jou lewe vir My wou oorgee

Hou op om vir jouself te lewe
Liefste seun
Liefste dogter
Kom leef asseblief vir My

Laat toe
Dat Ek jou alles word
Jou alles en nog meer
Dit is wat ons Vader sê

Hou jou oë op My liefste kind
Liefste seun en dogter
Weet dat Ek alleen
Die Voleinder van julle geloof bly

Ek is die Begin en Einde
Sê Abba-God
Het My Woord nie beloof
Ek sal tot op die einde saam met julle wees

Liefste kinders
Seun en dogter
Hou julle oë asseblief op My
En weet dat Ek die Ewige Antwoord is

Dit is wie Ek is
Dit is wie Ek sal bly
Daarom kan julle met die grootste liefde
Julle hand en vertroue in die van Myne plaas

My oog sal op jou wees
Dit het Ek beloof
So sal dit altyd wees
Tot die einde en dan daarna

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s