Blinde oë, Byt vas

Wees slim

Weet julle liefste wêreld
Dat daar geen groter vreugde in hierdie lewe is
As om Jesus Christus
Die Koning van jou lewe te noem

Om Hom in te nooi
En alles aan Hom oor te gee
Dit bly die beste ding wat enige iemand
In hierdie wêreld ooit kan doen!

Om Hom die Heer, Meester en Eienaar
Van jou lewe te maak
Beteken dat soveel wonderlike dinge
Met jou gaan gebeur!

En ja selfs al kom daar
Moeilike tawwe tye
Wat jou geloof in Hom gaan toets
Moet jy altyd bly glo!

Want Hy is dit so waardig
Liewe wêreld
Julle kan nie ooit wil dink
Aan moed verloor!

Om Hom lief te hê en te dien
Bly die beste
Maak nie saak
Van watter kant jy dinge bekyk

Om te weet
Dat daar altyd iemand is
Om te weet
Dat Hy jou nooit in die steek sal laat

Liefste wêreld
Dit bly groot!
Nooit op hierdie aarde of in hierdie lewe
Sal daar ooit ‘n meer standvastiger Rots as hy wees!

Hy is die Een
Wat aan hierdie lewe nuwe hoop gee
Hy is die Een
Wat sê ons gaan dit maak!

Liefste vriend en vriendin
Liefste seun en dogter van Vader-God
Sal julle net soos ek
Aanhou glo dat ons Vader in beheer is?

Hy is meer
As hierdie lewe
Hy is die Een
Wat ons altyd sal bly deurdra

Hy is die Een wat vir ons sê
Kind jy kan dit maak
Kind jy sal!
Hou jou oë net op My, hou jou oë net op My

Liefste kind
Seun en dogter van God
Hou julle oë op My
Asseblief dit is wat ons Vader vra

Nie op die wêreld
En haar dinge nie
My liefste kinders
Maar asseblief altyd op My

Haar hart is om julle oë en aandag
Van My af weg te trek
Om julle te verlei
My liefste kinders asseblief julle moet haar nie toelaat

Die hoer van hierdie wêreld is vuil sê Abba-God
Alles wat sy vir julle sê
Alles wat sy julle kry om te doen
Dit is so vuil!

Asseblief My liefste kinders, asseblief
Ek wil nie hê dat julle meer gemeenskap met haar moet hê
Ek wil hê en vra
Dat julle van haar sal losbreek!

Hou asseblief op sê Abba-Vader
Om te sê dat julle My liefhet
En dat julle dan terug gaan
En haar met soveel oorgawe dien!

My liefste kinders
Nee asseblief
My weë is rein, My weë is skoon
Hare is alles behalwe wit!

Hoekom sou julle wou aanhou
Met dit wat julle weet
Ek nie goedkeur
Ek kan dit nie verstaan

Ja sonde is lekker vir die vlees
Sê Abba-God
Al die verkeerd-doen
Maar julle moet weet ons twee is nie een

Julle gaan vir haar weë en haar manier
Moet begin nee sê, sê Abba
Dis al hoe julle die Ewigheid
Saam met My gaan maak

Asseblief liefste kinders
Maak oop julle oë
Sien wat is besig om te gebeur
Sien asseblief daar is ‘n einde oppad!

Daar is meer sê Abba-Vader
As dit waaraan julle in hierdie lewe vashou
Soveel meer!
Ek wil hê dat julle dit moet weet!

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders
Tot die einde
Asseblief

Nooit sal Ek My oë kan afhaal
Van die wie My liefhet
En dien
Hoe wens Ek dat dit julle almal was

Die keuse is julle s’n
Sê Abba-God
Die keuse is julle s’n
Kies die Lewe, kies asseblief nie die dood

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s