'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Briefie van seer

Voel jou hart stukkend
En hy is baie seer
Dan wil ek net sê
Moenie moed verloor

Daar is Iemand
Sy naam is Geneser van alle mense-seer
Wat so graag alles
Vir jou wil beter maak

Kinders as julle sou kom
Sou glo
Dat Hy wil en kan
Sou julle iets so mooi sien gebeur

Ek weet nie aldag hoe Hy dit regkry
Om die seer in my hart en lewe
Wat die wêreld meebring
So sag te maak

So sag dat ek begin wonder
Was dit ooit daar
Tog dan onthou ek
Die baie trane gestort

Pappa-Vader
Dankie dat U alles kan beter maak
Selfs al verstaan ek nie aldag hoe dit werk
Wil ek baie dankie sê

Dankie dat U
Die Geneesheer is
Van ons wêreld se mense
Se seer

Abba die seer is dikwels
Baie seer
Soveel teleurstellings en hartseer
Wat deel van hierdie wêreld uitmaak

Abba dit is net werklik
Wonderlik vir My
Om te weet dat U groter is
Dat U elke seer kan beter maak

Dit maak dat ek in diep donker tye
Moeilike tye van die hart
Nog makliker vir U
Wil deel maak daarvan

Ek wil dan na U toe hardloop
Al die seer in my hart
Vir U aflaai en sê
Abba Vader asseblief vat al die seer!

Die wêreld se seer
Kan ek nie
Op ‘n gesonde manier
Sonder U hanteer

U is die enigste een
Wat vir my wys
Wat vir my leer
Hoe ware genesing vir my lyk

Abba dankie dat dit U is
Dankie dat
Solank as wat ek dit vir U bly gee
My hart so veilig is

Ek wil nie die wêreld se seer
Teleurstellings en die hele lot
Vir myself hou nie
Ek wil dit altyd vir U bly gee

Hoe wonderlik om te weet
Dat ons nooit
Met opgekropte emosies hoef rond te loop
Ons kan dit eerder net vir U gee

Dis soveel makliker
Dis soos die briefie
Wat ek elke keer skryf
En vir U gee

Vader U maak net alles beter
Die diepe seer en teleurstelling
Wil ek dan altyd
Vir U gee

Dankie dat U rerig daaroor omgee
Ek voel dit keer op keer
As die trane vloei
En ek my hart met U deel

Dankie Vader
Dat met elke traan wat ek stort
Dieper genesing deel raak van my hart
En ek kan voel hoe U liefde my vashou

Vader dankie
Woorde is nie genoeg om te beskryf
Die dankbaarheid dat al die mooi woorde oor U
Nie net leegheid is

Abba dit is so die waarheid
En hoe wonderlik om te ondervind
Dat wie U is
Rerig letterlik tasbaar in my lewe kan word

Dis wanneer dit gebeur
Dat ek net weer besef
U is liefde soveel kere oor
En dat dit baie meer as net ‘n mooiheid op die oor is

Pappa-Vader
U omgee, U liefde
Dit is my Anker
Dankie dat dit my nooit sal verlaat

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s