Byt vas, Nuwe hoop

God is getrou

In U arms
Van liefde en omhelsing
Het ek my liefste God
Soveel vrede en aanvaarding gevind

By U kan ek net wees
Wie ek is
En Abba ek sê net
Baie dankie daarvoor

Dankie dat U al soveel seer en pyn
In my hart en lewe kom genees het
U is waarlik
Die Een wat kan

Abba dankie dat U so goed is
Dankie dat U vir ons
U kinders
So baie lief bly

Vader selfs al kry ons dit hoeveel kere verkeerd
Is U nie die Een wat oordeel nie
U is die Een wat sê
Kom ons probeer weer

Vader waar gaan ons ooit weer
Iemand soos U vind
Daar is geen
Nee nie een

Ek is so bly en dankbaar
U het ons gemaak om U lief te kry
Ek is so bly dat U vir altyd
Saam met ons sal wees

Vader dit bly so ‘n groot voorreg vir ons
Om U God en Koning te bly noem
Dankie dat U altyd
Naby is

Dankie dat U ‘n plan gemaak het
Om ons terug te bring na U
Dankie dat daar waarlik
Niemand soos U is

Abba U bly vir ons
Die Bron van Voorspoed
Omdat ons U ken
Sal dit altyd met ons goed gaan

Ja Abba ons sal Iemand hê
Om aan te bly vashou
Ons sal weet dat daar Iemand is
Wat saam met ons die laste van die wêreld dra

Vader waar is daar nog so ‘n voorreg
Om te weet dat die Koning van die Heelal
Gereed is
Om ons by te staan

Vader-God dis so groot vreugde en seën
Om te weet
Om te besef
Dat U die grootste omgee en liefde ooit is

Daar is niemand
In die hemel of op die aarde
Wat ons ooit so baie
Soos U gaan bemin

Watter voorreg Abba-God
Watter voorreg om U
Die Koning van ons lewens te noem
Om altyd te weet dat ons in U hande die veiligste is

Ons het dit dikwels verkeerd
Abba-God
Ons dink dit beteken
Dat die storms dan nie gaan kom

Maar tog bly hulle aan met kom Abba
En ons vergeet
Dat U Woord bly sê
U sal ons deur die storm help

Nee My liefste kinders
Ek gaan hom nie wegneem
Ek gaan saam met jou daardeur
Dit is wat U dan vir ons U kinders sê

Dis omdat U weet
Dat die moeilikste tye
Van hierdie lewe
Die mooiste lesse kan bly leer

Ek kan julle soveel van My getrouheid leer
In hierdie tye
Soveel van wie Ek is
Moet asseblief nie daarvoor nee sê

Hou vas aan My
In die stormtye van hierdie lewe
Sê Abba-God
Moet dan asseblief nie jou rug op My draai

My liefste kind
Nee asseblief
Storms gaan kom
Dit moet julle maar weet

Dit is wat julle saam met My daaraan doen
Sê Abba-God
Hoe julle dit hanteer
Wat rerig saak maak

Liefste kinders
Ek kan soveel vasberadenheid en deursettingsvermoë
In julle harte kweek
As julle net wil aanhou met vashou

Asseblief moenie die storm wegwens nie
Hou vas aan My
En weet
Ek sal jou daardeur dra

Hou julle oë op My
My liefste kinders
En weet verseker
Saam gaan Ek en jy dit beslis hierdeur maak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s