Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Vriend of voorgee?

Glorie tot die Koning
In die hoogste hemel
Dit wil my hart bly sing
Want daar is niemand soos my God en Koning nie

Vader-God U is mooier
As die mooiste son
U is en bly
Altyd in totale beheer

Niks sal ooit
Met ons kan gebeur
Niks waarvan U
Nie alreeds weet

Deur elke stormtyd in julle lewens
Sal Ek julle bly deurdra
My kinders
Ek wil hê julle moet dit weet

Hou op om julle ore
Aan die duiwel oor te laat
Hou op hom toelaat
Om vir julle stories te vertel

Hou julle oë op My
Asseblief liefste kinders
Hou dit op My en weet
Ons gaan saam daardeur

Ek weet wat in julle harte lê
Sê Abba-Vader
Daar is baie kere kommer
Oor wat môre en die dag daarna gaan bring

Moenie julle oor die toekoms bekommer nie
My liefste kinders
Ek is daar
Ek is in beheer

Al wat jy my doen
Is om jou lewe te geniet
Om jou oog op My te bly hou
Om te weet dat Ek jou Anker en Rigtingwyser is

Liefste kinders asseblief
Begin op die paaie
Wat Ek vir julle voorberei het loop
En nie julle eie nie

Begin julle weë neerlê
Julle planne vir die toekoms
En dit wat julle
Nog so graag wil doen

Nee My liefste kinders
Nee asseblief
Hou julle oë op My
Kom loop op My weë

My hart vir julle is mooi
Liefste kinders
So mooi!
As Ek julle net kon kry om dit waarlik te glo

Hou asseblief op
Om jou rug op My te draai
Sê Abba-God
Wanneer jy nie jou sin in die lewe kry

Nee sê Abba-God
Nee liefste kinders
Hou julle oë op My
Ek weet wat beter is

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê dat julle in My sal glo
Vir wie Ek is en nie net wanneer dinge
Volgens julle planne verloop

Dis so verkeerd sê Abba
So selfsugtig
Julle dien My dan net
Omdat julle kry wat julle wil hê

Julle gebruik My dan net
Sê Abba
Julle is nie waarlik lief vir My nie
Kom ons praat van verkeerd

My liefste kinders asseblief
Kom glo in My
Kom glo asseblief in My
Met alles wat julle is en het

Ek wil hê julle moet lief word vir My
Vir wie Ek is
En nie net vir wat Ek in hierdie lewe
Vir julle kan bied

My liefste kinders
Asseblief
Dit is so verkeerd
Hou asseblief eerder net julle oë op My

Hoeveel kere sê Abba-God
Hoeveel kere wat Ek wonder
Wat sou My kinders doen
As dieselfde met hulle moes gebeur

Hoe sal dit vir julle voel sê Abba
As mense julle net wil leer ken
Vir wat julle vir hulle kan doen en gee
En nie vir wie jy waarlik is

Ja sê Abba-God
Ek weet dit is hoe dinge in hierdie wêreld gebeur
Maar dit liefste kinders
Is nie hoe dit moet wees

Ek hou ook nie daarvan
Sê Abba-God
As mense My net vir hulle eie gewin
Wil dien en ken nie

Dis nie vir My lekker nie
Sê Abba
Ek voel gebruik
Ek voel nie asof mense My rerig wil leer ken

Is daar mense daarbuite
Wat verstaan hoe Ek hierbinne voel?
Dis nie vir My lekker nie sê Abba-God
Dit is vir My niks lekker nie

Leer My dus ken vir wie Ek is
My liefste kinders
Wees lief vir My
Oor wie en wat Ek is

Ek is baie mooier
As wat hierdie wêreld dink
En Ek nooi elke mens
Om te kom uitvind presies hoeveel

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s