'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Dink weer

Ek is die Antwoord op vele probleme
Sê die Heer
Ek is die Antwoord waaraan die mensdom
Gewoonlik nie dink

Niks is daar in hierdie wêreld
Wat Ek nie kan beter maak nie
Geen mens
Wat Ek nie baie goed ken

Ja sê Abba Vader
Daar is baie van julle
Wat dink julle weet iets
Tog weet julle nie wat Ek hier vir julle sê

Julle kan gerus ophou
Sê Abba Vader
Om hierdie wêreld en haar woord
Bo-oor die van My te vertrou

Daar is baie kere
Sê Abba Vader
Wat sy vir julle jok
Net om julle weg van My af te lok

Ja sê Abba
Jy beteken vir haar nie veel nie
Al wat sy wil hê
Is om jou nie naby My te hê

Ja sê Abba Vader
Sy vertel vir julle baie stories
Want sy wil hê dat julle
Weg van My moet draai

Hoeveel kere sê Abba-God
Wat julle haar glo
Bo-oor My
Dat haar woord meer vir julle tel

Asseblief My liefste kinders
Ek nooi julle om te kom hoor
Ek gee rerig om
Selfs wanneer dit nie so lyk

So wanneer dit vir jou lyk
Asof jy My nie kan vertrou
Wil Ek hê jy moet
Asseblief weer dink

Ek is die Antwoord op vele probleme
Sê Abba-Vader
Ek is rerig die Een
Wat met alle dinge kan help

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s