'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Arms van Rus

Raak rustig
Hou moed
Weet dit asseblief liewe kind
Ek is altyd naby

Ja sê Abba-Vader
Ek weet die storms van hierdie lewe
Woed dikwels baie erg
Rondom jou

Tog wil Ek jou nooi
Liefste seun
Liefste dogter
Om in My arms rus te kom vind

Hou asseblief op
Om so alleen deur hierdie lewe
Voort te strompel
As daar Iemand is wat wil help

Ja sê Abba-God
Weet dit asseblief
Ek is altyd naby
Om jou nie ooit te verlaat

Ek is die Antwoord
Op al jou seer
Al die pyn wat in jou hart woon
Dit is wat Abba sê

Hou jou oë asseblief op My
Liefste seun en dogter van God
En weet daar is geen storm in die mensehart
Wat Ek nie kan kalmeer

Hou aan vashou aan My
Sê Abba-Vader
Al lyk dit hoe donker
Al sê die omstandighede om jou hoe nee

Abba-God se kind
Hou jou oë op My
Die Begin en Voleinder
Van jou geloof

Jy sal vind dat Ek
Jou sal bly deurdra
As jy net deur die storms
In My sal bly glo

Moenie terugtrek in stormtye nie
Vra Abba
Asseblief trek nader aan My
Maak oop jou hart

Ek wil weet wat daarbinne aangaan
My liefste kind
Seun en dogter van Abba-God
Ek sal jou bly deurdra

Hou julle oë asseblief op My
Liefste kinders
Selfs al raak dit donkerder
Weet dit Ek is altyd naby

Om jou nog nader
Aan My te trek
Om jou nog stywer
Vas te hou

Niemand sal jou ooit
Uit My hand kan ruk
Sê Abba Vader
As jy net jou oë op My sal bly hou

Moenie terugkyk nie Abba-kind
Kyk vorentoe
Saam met My
Sien wat is vir jou voorberei

Meer as wat jy nog ooit
Kon dink of droom
Alles omdat jy gebly glo het
In My

Ek wil hê jy moet weet
Dat Ek
In die storms van hierdie lewe
Die Rots en Anker bly

Hou aan om julle oë op My te bly hou
Sê Abba-Vader
Weet asseblief
Ek voleindig dit vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s