'n Seer hart, Lofprysing

Enigste Een

U is die Enigste Een
Wat aan die mensehart
Hemelse vrede
Kan gee

U is die Enigste Een
Wat volmaakte hoop en genesing
Kan bring aan menseharte
Gebreek deur baie seer

Vader ek is diep dankbaar
Vir wie U is
En ek wil dit graag
Aan U sê

Dankie dat U
Deur die storms van hierdie lewe
Altyd die antwoord bly
Dat U ons nooit sal verlaat

Abba-God dit is
En bly ‘n voorreg
Om U lief te hê
Te dien en te bemin

Dankie Abba-Vader
Vir wat U kom doen het in my
Wat U kom doen het
In my hart

Vader dit bly die grootste voorreg
Om te weet
U is altyd naby
Dankie vir wie U is

Aan U Naam wil ek altyd
Alle lof en eer toebring
Want U is die waardige
EK IS

Dankie dat daar nooit
Iemand soos U sal wees
Dankie dat U die Antwoord bly
Selfs teen die wêreld se seer

U bly die Antwoord
Maak nie saak wat ons omring
Omdat U is
Is ons

Dankie liefste Pappa-God
Vir wie U is
Dat U U Seun gegee het vir my
Dat ek U weer kon vind

Dankie Abba-God
Vir die grootste voorreg
Dankie dat U altyd
By ons is

Deur die storms van die lewe
Bly U altyd-deur getrou
Deur U genade wat ons vashou
Sal ons ons oë op U bly hou

Dankie Abba-God
Dat U die Antwoord is en bly
Dat U deur die storms van die lewe
Altyd getrou bly

Aan U alle lof en eer Pappa-God
Ons wil net dankie sê
Aan U
Al die lof en eer bring

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s