'n Seer hart, Nuwe hoop

Dié slaaf is vry

Om die seer van die verlede
Konstant in die oë te kyk
Bring net pyn en teleurstelling
Dit maak dat ‘n mens nie kan aanbeweeg

‘n Slaaf van die verlede
Dit wat was
Dit wat kon en moes wees
Wil ek nie meer wees

Ek kies om die pyn
En teleurstelling van gister
Neer te lê
Sodat ek ‘n nuwe begin kan betree

Ja daar lê nog baie seer
In my hart oor dit
Wat moes en kon wees
Tog kan ons nie meer teruggaan

Daarom wil ek
Saam met my Abba-God kies
Om die verlede agter te laat
Deur waarlik te vergeef

Ek wil nie meer toelaat
Dat die pyn van gister
Nog in my vandag leef
Ek wil dit agter my sit

Liefste Vader-God help my asseblief
Om die mense te vergeef
Wat in die verlede lê
Om hulle waarlik vry te spreek

Help my om vir hulle te begin bid
Help my asseblief
Om hulle vanuit die hart
Met net die beste te seën

Vader ek wil nie hê
Dat die gisters van die verlede
Meer ‘n invloed
Op die hier en nou sal hê

Ek wil vry wees
Saam met U
Ek wil uitsien
Na dit wat die toekoms nog bring

Vader asseblief help my
Om te laat gaan
Van dit wat ek nie verstaan
Van dit wat my wil terughou

Saam met U gaan ek triomfeer
Saam met U gaan ek nog
Op vleuels van genesing
Oor gister sweef

Vader ek wil
Ek wil saam met U aanbeweeg
Dankie Abba-God dat U by my is
Dat U my elke tree help

Vader ek sê dankie
Dankie vir wie U is
Dankie dat U my deur
Hierdie stormtyd van die lewe help

Vergifnis teenoor ander
Is die mooiste ding
Want dit maak en spreek
Eintlik vir my vry

Ek gaan nie meer toelaat Abba
Dat onvergifnis en seer
My hart in bindings hou
Ek kies om te vergeef

Ek kies om te laat gaan van gister
Ek kies om vry te spreek
Sodat ek waarlik
‘n Oorwinningslewe kan leef

Help my asseblief Abba
Om saam met U te triomfeer
Ek wil nie stagneer
Ek moet en wil saam met U aanbeweeg

Ek lê die verlede neer
Dit wat was
Dit wat net nie wou wees
Ek weet U maak alles beter en mooier Heer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s