'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Soutpilaar

Vergewe mekaar asseblief
My kinders julle kan nie toelaat
Dat soveel haat teenoor ander mense
In julle harte leef

Vergewe en spreek vry
Laat mense gaan
Seën en bid vir hulle
Dit is wat Vader vra

Het jy al tot op daai plek gevorder?
Seun
Dogter
Liewe kind van God

Ek wil hê julle moet
Dit wat in die verlede gebeur het
Daar los
Hou asseblief op met terugkyk

Ja sê Abba Vader
Ek weet dit maak ongelooflik seer
Tog wil Ek hê jy moet vergewe
En dit als laat gaan

My kind
Ek kan die situasie nie beter maak nie
Ek kan dit nie nuut maak nie
As jy nie wil vergeef

Vergifnis is die 1ste stap
Na ‘n lewe van oorwinning
‘n Vol Lewe in die Lig
Daarom wil Ek vra kom ons begin daar

Liefste kind asseblief
Laat gaan van die pyn en seer
In jou hart daaroor
Kom na My sodat Ek dit kan genees

Ek wil jou hart gesond maak
Sê Abba
Sodat jy op ‘n soveel beter plek sal wees
‘n Soveel beter lewe kan leef

Ek wil hê jy moet ophou terugkyk
Sê Vader
Ek wil hê jy moet eerder vorentoe kyk
Saam met My

Dis hoe Ek alles nuut maak vir jou
Sê Vader
Jy moet vergeef
Alles voor My Troon kom neerlê

Ek verstaan die pyn en seer
In jou hart daaroor
Maar My liefste kind dit moet uit
Sodat ons kan aanbeweeg na dit wat vir jou voorlê

Vergeef
Spreek vry
Asseblief laat gaan die haat, bitterheid, onvergifnis
Wat in jou hart van teleurstelling teenoor hulle lê

My kind Ek gaan alles nuut maak
Sal jy vergeef?
Sal jy asseblief kies
Om hulle vry te spreek?

Dit is wat Ek van jou bly vra
My liefste kind
Hou op terugkyk
Kyk asseblief vorentoe

Ons kan niks verander aan die verlede nie
Wat gebeur het
Het gebeur
Nou moet jy begin uitsien na die toekoms

Daar is soveel vrae
In die verlede
Soveel dinge waaroor ek bly wonder
Hoekom dit nie anders kon wees

Hoekom kon dit nie wees
Soos ek dit graag wou hê
Hoekom moes ons vir my manier
Nee sê

Vader daar is soveel seer
In my hart
Oor verkeerd-wees
Oor verkeerd-glo

Vader ek weet dat U dit wil genees
Daarom wil ek dit vir U bring
Sal U asseblief
U Lig daaroor skyn

Vader ek vra vergifnis
Vir al die verkeerd
In my hart
Die seer wat wil aanhou teruggaan

Vader ek wil nie meer
In gister leef nie
Ek wil laat gaan
Dit alles agter my sit

Vader sal U my asseblief
Help om te vergeef
Help om vry te spreek
Help om hulle en die hele situasie agter die rug te sit

Vader asseblief genees
Maak gesond al die seer in my hart daaroor
Sodat hulle nie meer
Aan my hart kan kom klop

Vader ek wil vergeef
Ek wil nie meer in die verlede leef
Ek wil saam met U vorentoe kyk
Uitsien na dit wat vir my voorlê

Kind Ek weet jou hart is seer
Maar ons gaan saam daardeur
Ek gaan jou bring op die plek
Van totale genesing

Dit gaan nie meer seermaak nie
My liefste kind
Ek maak dit beter
As wat dit ooit kan wees

Vertrou My liefste kind
Vertrou waarmee Ek besig is
Ek maak alles nuut vir julle sê Abba
Ek gee julle ‘n nuwe begin

Hou net vas asseblief My kinders
Asseblief hou vas aan My
Al het dinge nie uitgewerk soos julle wil hê
Weet asseblief Ek maak alles beter

Die toekoms is mooi vir julle
Sê Abba Vader
Hou aan vorentoe kyk
Weet asseblief Ek maak alles beter

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Soutpilaar”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s