'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Mooiste belofte

As gisters kon praat
Sou hulle rerig sê
Dat daar vele teleurstelling
In my hart oor hulle lê

Gisters wat ek nie
Aldag verstaan
Gisters wat ek wens
Was eerder nie so gewees

En ja al was daar vele mooi gisters
Was daar ook pyn in die verlede
Wat ek net nie kry
Om te gaan lê

Hoe kry ek myself
Daaroor
Hoe begin ek in volheid
Uitsien na môre

Ek wens daar was nie iets in my
Wat net nie wil aanbeweeg
Wat nog aan daai gisters
Wil bly vashou

Ek dink dis die drome van gister
Die planne en aspirasies
Wat mens gekoester het
Wat jy gehoop het gaan wees

Ek dink dis die moeilikste
Om te laat gaan
Die drome van gister
Dit wat kon wees

Ek wil nie meer
In die verlede leef nie
Ek wil nie aanhou wonder
Hoekom dit nie kon anders wees

Nee dit sit my in ‘n gat
‘n Rat wat net nie wil aanbeweeg
Hoe kom ek daaruit
Hoe kom ek daaruit

Aan die verlede en gisters
Kan ek
Niks verander
Al die wat moes wees

Ek kies om my oë op Jesus
En Sy toekoms vir my te plaas
Ek weet saam met Hom
Lê die beste nog voor

Ek weet dat Hy ‘n mooi toekoms vir my lewe het
En dat alles
Al die seer en teleurstelling van gister
Draai vir enorme goed

En ja
Selfs al kan ek dit dalk nog nie sien
Weet ek
Ek gaan dit saam met my Vader-God beleef

Ek strek my uit na wat voorlê
Ek kyk vorentoe
En kyk uit na wat die lewe
Nog gaan bring

Donker op plekke
Was die seisoene van die verlede dalk
Maar tog draai alles vir goed
Tog gaan ek nog dankie sê

Ek gaan nog dankie sê
Vir al die mooi
En wonderlike goed
Wat daarmee gebeur

Vader-God draai alles om
Al die seer van gister
Al die teleurstelling in ons hart
Dit sal ek bly glo

Dis ‘n belofte
Wat my hart soveel hoop gee
Dis ‘n belofte
Waaraan ek met my alles vashou

Alles, alles gaan draai vir goed
Alles-alles gaan nog beter wees
As waaroor ons
Ooit kan droom

Die gisters wil ons dalk gevange hou
Maar dit gaan nie gebeur
Want ons kies om hulle te laat lê
Ons kies om te bly vorentoe kyk

Dit en sy dinge
Gaan dalk ‘n effek op my toekoms hê
Maar ek weet Vader gaan ook dit gebruik
Om Hom eer te bring

En mag mense vind, mag hulle sien
Dat Vader-God altyd in beheer bly
En dat Sy hart en leuse rerig is
Kom liefste kind ons maak alles goed

Goed en mooier
Mooier as wat jy gedink het
Ooit moontlik is
Dankie dat jy aanhou glo

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s