Byt vas, Nuwe hoop

Oë van geloof

Al is daar baie dinge in hierdie lewe
Wat vir my vertel
Dat ek maar kan opgee
Gaan ek dit nie doen

Ek gaan kies om My oë
Op Jesus te bly hou
Eerder as al die vertwyfelinge
Om my heen

Ek kan nie na hulle kyk nie
Want hulle maak
Dat ek net wil sink
En ek raak nou moeg daarvoor

Nee ek moet opkyk
Aangaan
Met geloof in my hart
Na die situasies rondom my begin kyk

Ek moet sien wat Jesus sien
Ek moet begin raaksien
Dat Hy besig is
Met oë van geloof daarna kyk

Want dis so moeilik sê Abba-God
Vir My kinders om geloof te behou
In moeilike tye
Omdat hulle nie na My bly kyk

Hulle verloor perspektief
Hulle ervaar moedeloosheid
En teleurstelling
Alles omdat hulle met vleesoë kyk

My liefste kinders
Ek wil julle nader nooi
Ek wil hê julle moet kom sien
Dat Ek agter die skerms baie besig is

Al wat Ek vra is dat julle
Net julle planne sal neerlê
En dat julle My
Sal vertrou

Al is dit moeilik
My liefste kinders
Al maak dinge nie vir julle sin
Hou julle oë asseblief op My

Ek weet julle verstaan dikwels nie
Die maniere waarop Ek werk
Tog wil Ek vra dat julle
Julle oë op My sal bly hou

Vertrou die werk van My hande
Vra Abba-God
Vertrou asseblief
Dit waarmee Ek besig is

Ek is besig om
Alles mooi te maak
Alles te draai vir goed
Asseblief sal jy vashou?

Liefste kinders
Sal julle asseblief aanhou vashou
Veral die kere wat dit vir julle
Die minste lyk asof Ek besig is

Ek is altyd besig
Sê Abba-Vader
Jy hoef dit nie aldag te sien
Asseblief vertrou My

Vertrou waarmee Ek besig is
Asseblief
Vertrou My hart
Vertrou waarmee Ek besig is

Ek maak alles nuut
Asseblief sal julle aanhou glo
Ek is die Anker My liefste kind
En Ek sal jou hierdeur dra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s