'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Vertroue wen

Ek sal U aanhou vertrou
Al sê die wêreld nee
Al sê die wêreld wat
My oë op U bly hou

Ek weet U hart is mooi
Vader-God
Ek glo dit
Met my hele hart

Daarom sal ek dit
Uit prokklameer
Ek sal dit aanhou sê
Ek vertrou my Pappa-God

Ek vertrou
Waarmee Hy besig is
Ek glo en weet
Sy hart is nie om my te beseer

Ek sal my oë op U bly hou
Al bevind ek my in ‘n storm
Want ek weet
Ons gaan saam daardeur

Die rofste storms
Maak Hy in ons lewens stil
Gee ons altyd nuwe hoop
Vir die dag van môre

Ons moet ons oë
Net op Hom bly hou
Altyd vra vir hulp
Wanneer ons swak en bewerig voel

Wanneer dit moeilik raak
Wanneer swaar tye kom
Moet ons weet
Ons kan Hom vertrou

Vader-God kan ons altyd vra
Vir nuwe moed, nuwe krag
Deursettingsvermoë
Hy sal dit vir ons gee

Moenie moed verloor nie
Liefste kinders
Weet Ek is altyd naby
Weet asseblief jy gaan dit maak, dit is beslis

Met My is alle dinge moontlik
Hou asseblief jou oë op My
Weet dit
Ek is lief vir jou

Ek sal voleindig
Dit wat Ek begin het
Hou moed
Skep nuwe moed

My oog sal op julle wees
Liefste kinders
Tot op die einde
Dit moet julle weet

Aan My kan julle
Altyd bly vashou
In My kan julle
Altyd glo

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Vertroue wen”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s