Byt vas, Nuwe hoop

Mannemoed

Drome wat al lank
In die mensehart lê
Drome wat net nie
Vervulling wil ontvang

Om vas te hou
Aan ‘n Woord van God
Veral wanneer dit onmoontlik lyk
Dit is ‘n ding wat moeilik is

Om aan te hou lewe spreek
Om jou belofte
In vervulling te bly roep
Bly al wat ‘n mens kan doen

Om jou Vader-God te bly vertrou
Met blinde geloof
Al bly die wêreld sê
Dit gaan nie gebeur

Dit vat mannemoed
Laat ek dit vir julle sê
Om God se Woord
Bo-oor die van die mens te vat

Om aan te hou glo
Om aan te hou vashou
Om te bly sê dat God besig is
Al wil nie veel in die vlees gebeur

Dis moeilik
Liewe wêreld
Dit is nie
‘n Baie maklike ding

As ‘n mens nie aanhou glo
Dat God in beheer is
En dat Hy alles kan doen
Sal jy redelik vinnig opgee

As jy nie aanhou glo
Dat Hy getrou aan Sy beloftes is
En dat Sy hart altyd mooi is
Glo vir my, dan gaan jy dit nie maak

Want liewe vriend, vriendin
Ek loop die pad al vir jare
En dit kan ek vir jou sê
Dat net Vader-God mens op die pad kan dra

‘n Pad waar jou belofte
Wag vir vervulling
‘n Pad waar jy dikwels dink
Moes ek nie dalk al opgee

Om hierdie pad te loop
Is dalk nie aldag maklik nie
Maar ek weet my Vader-God gaan alle eer ontvang
Dit maak als die moeite werd

So wanneer die tye
Van uitdaging kom
Sal ek op my tande byt
Saam met my God die stryd betree

Want hierdie vrou gaan wen
Met haar God aan haar sy
Haar Pappa-God se wil en plan
Daarvoor sal sy bly stry

Want sy weet wat het
Haar Vader-God beloof
En daaraan sal sy bly vashou
Totdat dit gebeur

Moenie dan nie moed verloor
Boetie en sussie in die Here
Kom ons staan sterk
Kom ons bly glo

Vader-God is die Antwoord
Sy Gees in ons
Sy Woord
Sal ons in tye van lae-geloof bly dra

Ja nuwe moed
Sal ons Vader-God aan ons gee
Om aan te hou glo
Om sterk te staan

Kom ons hou aan vashou
Liewe vriend en vriendin
Dit wat God beloof dit doen Hy altyd
Maak nie saak hoe lank dit neem

Alles sal uitwerk soos dit moet
Ons moet aanhou glo
Lewe oor ons beloftes spreek
Op Vader-God se perfekte tyd sal dit aanbreek

Moenie moed verloor, hou vas
Veral wanneer dit donker raak
En dit lyk asof niks gebeur
Vader-God doen altyd wat Hy beloof

Amen.

Ek weet, ek weet dis waar!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s