Blinde oë, Nuwe hoop

‘n Beter lewe

Kom en kom hoor
Liefste wêreld
Hoe baie dit is
Dat Ek vir julle omgee

Kom liefste kinders
Kom en kom deel
Julle harte
Kom en kom gee alles oor

Dis al so lank
Sê Vader
Dat Ek vir hierdie wêreld wag
Om te draai na My

Wanneer, wanneer gaan dit wees
Kom nader liefste wêreld
Kom nader aan My
Begin julle harte en lewens oorgee

Ek is die Ewige Ek Is
Sê Abba Vader
Die Rots van die Eeue
Die Enigste Een wat vir alle tyd vasstaan

Liefste kinders
Wanneer gaan julle dit begin glo?
Wanneer gaan julle begin sien
Dat Ek waarheid in alle aspekte is

Ek wil My hart
Met julle deel
Ek wil julle vir altyd
In My hart van liefde toesluit

Ek verstaan dit nie
Sê Abba-God
Ek verstaan nie hoekom julle wêreld
Julle rüe op My bly draai

Dis omdat julle
Verkeerd is oor My
Julle het die kat
So aan die stert beet

As julle wou nader kom, rerig-rerig sien
As julle bereid was om al die leuens
Wat julle oor My glo oorboord te gooi
Sou julle My waarlik begin vind!

Ek vra julle diep uit My hart
Om rerig te begin laat gaan
Van al die verkeerd in julle lewens
En om vir ‘n slag reg te kies!

Kies asseblief vir My
Vra Vader
Laat Ek die Een wees met wie jy die meeste tyd spandeer
Laat Ek die Een wees vir wie jy die liefste is

My liefste kind
Ek glo in jou
Ek weet jy kan
Ek weet jy kan begin reg-kies

Dis verkeerd-kies
Wat julle in die verkeerdste plek ooit kry
Verkeerde keuses
Wat julle dag na dag neem

Ek vra dat julle My asseblief
Sal begin toelaat om julle harte te besny
Ek vra dat julle My waarheid
In julle harte sal begin toelaat

My liefste kinders
My hart is sag
My hart is mooi
Ek nooi julle om meer oor My te kom uitvind

Dit was nooit
My intensie vir julle
Om so vêr van My af
Weg te beweeg

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om in My hart
Van waarheid te kom woon

Vind uit hoe Ek oor dinge voel
Hoe Ek dinge sien
Moenie net aanhou om op jou eie weë te loop
Laat toe dat Myne belangrik word

My liefste kinders
Ek lief julle met ‘n Ewige Liefde
En hoe hoop Ek julle sal vind
Dat Ek die Antwoord op elkeen van julle probleme is

Ek kan alles nuut-maak
Sê Abba-God
Daarom wil Ek rerig vra
Dat julle sal begin vergeef

Begin vergeef en vry-spreek
Sodat ook Ek dieselfde kan doen
My liefste kinders dis nie My hart
Vir julle om in die donker te bly

Ek wil hê dat die Son van genade
En geregtigheid oor julle sal skyn
Ek wil hê julle moet weet
Ek kan alles reg maak

Ja liefste kind
Seun, dogter van God
Ek kan alles draai vir groot goed
As julle net wou vergeef

Julle hoef nie te weet hoe nie
Sê Abba Vader
Al wat julle hoef te doen
Is om aan My te bly vashou

Ek wil alles beter maak vir julle
Beter as wat julle dink moontlik is
Beter as wat julle dink
Dit ooit kan wees

Dis wat Ek wil waarmaak
In jou lewe My liefste kind
Al het daar soveel verkeerd
In die verlede gebeur

Ek kan alles mooi maak
My kind
Alles
Selfs die seerste seer

Ek wil hê jy moet begin
Om My daarvoor te vertrou
Al weet Ek dat dit
Baie moeilik vir jou is

Begin jou seer vir My oopmaak liefste kind
Tree vir tree
Stukkie vir stukkie
Moet dit nie meer vir My of die wêreld wegsteek

Erken dit maak seer
Erken dit maak baie seer
Vra My om My Lig daaroor te skyn
Vra My om alles vir jou beter te maak

Want Ek kan sê Abba-God
Ek kan alles doen
As mense in hierdie lewe
My net weer wil begin vertrou

As hulle My
Net ‘n kans wou gun
Sê Abba-Vader
‘n Ordentlike regverdige kans

So baie kere wat die
Vooroordele wat julle oor My het
Julle keer om dit te doen
Julle keer om dit reg te kry

Laat gaan asseblief liefste kinders
Van al die verkeerde sieninge
Wat julle oor My het
Kom vind uit wie Ek rerig is

Die wie My intiem en goed ken
Weet sê Abba Vader
Dat Ek nie eers ‘n vlieg sal skade aandoen
Hoeveel te meer nie jy

Ja sê Abba-Vader daar is baie sleg
En daar is baie verkeerd in hierdie wêreld
Tog is en bly Ek die een
Wat oor alles regeer

Ek sal altyd die Opperheer bly
Sê Abba-God
Daar is en sal nie ooit
Iemand bo My wees

Alhoewel baie mense
Sê Abba
Hulleself tot ‘n god verhef
Sal Ek altyd die enigste ware een bly

Dis omdat daar niemand
Soos Ek is nie
En dis omdat daar nooit
Iemand soos Ek sal opstaan

Ek is die Een wat die maan
Son en aandsterre in Sy hand hou
Sê vir My wie van julle
Sal dit ooit kan doen

Ek is die Ewige Ek Is
Ek is die Een wie alle gode glo hulle kon wees
Ek is sê Abba Vader
En daar sal nooit ‘n ander wees

Halleluja, Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s