Byt vas, Lofprysing

My hart se lied

Weet julle wie dit is
Wie ek bemin
Weet julle vir wie my hart
Altyd lofliedere sal bly sing

Dit is ons grote God
Dit is die ewige Ek Is
Die wonderbare Koning
Die Een wie my hart bewoon

My hart se loflied
Wil bly sing
Van hierdie wonderlike Koning
En wat Hy beteken vir my

Nooit sal ek op Hom kan opgee
Want ek weet Hy is die krag in my
Die Enigste Een wat my kan laat uitsien
Na ‘n nuwe begin

Ek maak alles nuut
Het Hy gesê
Nuwe hoop het Hy
In my hart gebring

Hierdie wêreld
Kan ek nie
Sonder my Pappa-God doen
Ek wil nie eers probeer

En al werk dinge nie altyd uit
Soos ek dit graag wil hê
Sal ek aanhou glo
Hy wil altyd die beste vir my hê

Daarom kies my hart vandag
Om my God en Koning
In hierdie storm te bly loof
Want Hy is die Een wat my bly dra

En al kom baie storms nie van Hom nie
Weet ek dat Hy hulle toelaat
Om die beste in my
Na vore te bring

Daarom sal ek aanhou glo
My Vader-God weet van beter
Hy is die Een
Wat my bo en sterk hou

Ek sal aanhou groei
Saam met my Koning
Is dit wat ek wil aanhou doen
Ek moet en wil my Koning meer vertrou

Ek weet dat Hy my liefhet
Ek weet dat Vader alles draai vir goed in my lewe
En dit liewe vriende is ‘n belofte
Waaraan ek met alles in my bly vashou

Vader gaan dit voleindig
Hy gee nuwe hoop
Hy gee nuwe moed
Hy sal my bly vashou

Daarom sal ek Hom
Bly loof en prys
Want Hy is in beheer
Daarom sal ek nie opgee

Al die seer maak Hy nuut
Hy herstel alles wat stukkend is
In Hom sal ek bly glo
Totdat ek die dag my kop neerlê

Vader-God dankie vir wie U is
Dat U my help om trou te bly
Tot die einde Abba
Wil ek U lof en eer besing

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s