Lofprysing

Niemand soos ons God

Daar is niemand
Soos my God
Dit is wat my hart
Konstant wil aanhou sing

Lof en eer Abba
Lof en eer
Wil ek aanhou om voor U Troon te bring
Want Abba-God daar is net niemand soos U

Wie kan die wêreld
In die holte van Sy hand bly hou
En ons nogsteeds
So baie liefhê

Daar is niemand
Soos my God
Dit wil ek aanhou sing
Alle lof en eer Hom toebring

Die Een wat die son, see
En blou lug in Sy arms hou
Die Een wat so baie
Vir hierdie wêreld omgee

Daar is niemand soos my God
Nee niemand soos Hy
Die Alfa en Omega
Die Ewige Ek Is

My hart word so bly
Wanneer ek aan hierdie dinge dink
Om te weet dat Vader-God ons so bemin
Dit gee my hart baie meer hoop

Dat Hy in elke stormtyd van die lewe
Elke dag saam met ons is
Waar is daar nog
Iemand soos Hy!

Daar is niemand
Niemand soos ons God
Dit wil en dit sal my hart
Deur groot genade van ons Abba-God bly sing

Die wie My soek, die sal My vind
Dit sê Hy so gereeld
Ek bid dat hierdie hele wêreld
Hom in gees en in waarheid sal begin soek

Eer aan ons groot Koning
Die Een wat in beheer is en altyd bly
Die Een
Die Een soos wie daar niemand is

My hart is so ongelooflik bly
Abba-God
Pappa-God
Hy juig in my

Dankie Abba-God
Vanuit die diepste deel in my
Vir wie U werklik is
Dank en lof wil ek aan U aanhou bring

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s