Byt vas, Liefde so groot

Hemelse Pappa

U is en bly die Antwoord
Die Een vir wie ons harte sing
Die Een voor wie ons harte
Bly neerbuig

Dankie Abba liefste God
Vir wie U is
Wat U beteken vir ons
En dat U liefde ons altyd vind

Dankie dat U so baie omgee
Dankie dat U ons nooit alleen sal los
U is die Een wie ons harte
Met alles in ons bemin

U is en bly die Antwoord
Op al ons lewensprobleme
Sels al wil mense dit nie glo
Selfs al glo hulle verkeerd

Dankie Abba-God vir die genade
Wat U elke dag aan hierdie wêreld
My bewys
Dankie dat U so baie omgee

U gee ons harte nuwe hoop
In die donker tye
Is U die Een
Wat ons bo bly hou

Die Een wat ons Anker is en bly
Die Een wat in die storms van die lewe
Sy arms van liefde
Om ons vou

Die Een wat dan aanhou sê
My liefste kind
Moenie opgee
Ek is by jou

Waar sal ons ooit iemand kry
Wat so mooi na ons omsien
‘n Hemelse Pappa
Wat so in ons glo

Die Een wat ons deurdra
Die Een wat ons vashou
Al kom daar partykeer situasies
Wat ons voete onder ons uitslaan

In hierdie God
Sal en moet ons bly glo
Want Hy is die Een
Wat nooit nie van ons sal laat gaan

Hy is die Antwoord julle
Ons kan nie aanhou
Om ons rüe op Hom te draai
Ons het nie ‘n idee wat ons wegwys

So kom ons kies eerder
Om ons harte en oë
Op Hom te bly hou
Die Een wat ons nooit in die steek sal laat

En ja al lyk dit partykeer so
En al praat die stem
Van realiteit baie hard
Sal ons met harte wat bly glo kyk

Want dit is mos wat geloof is
Liewe vriend, vriendin
Om te glo
Wat jy nog nie met die blote oog sien

En ek weet dit is wat
Ons Vader-God se hart die blyste maak
Kinders wie se harte Hom
In die donkerste nag bly vertrou

En dis maar al
Wat ons wil doen Abba
Terwyl U ons in U sterke hand hou
Om ons oë op U te bly hou

Dankie Abba dat U
U planne in ons lewens voleindig
Soos wat ons kies
Om dit te bly doen

Ons kies Abba
Om ons weë neer te lê
Ek kies dit
En om U s’n op te tel

Ek weet alles gaan draai vir goed
Alles gaan draai vir U eer
En dit gee my hart
Baie hoop

Dit maak my hart bly
Want ek weet U is en bly in beheer
Dat U die mooiste stories
Uit gebrokenheid kan skryf

Dankie Abba-God
Baie dankie daarvoor
Help ons dan asseblief Abba om te bly glo
Totdat die verwesenlikheid van U beloftes aan ons opdaag

Ons sal bly glo
Ons sal bly glo
En ons sal nie opgee nie
Ons sal U hart bly vertrou

Alles gaan draai vir goed, alles gaan
Ons sal aan U bly vashou
Dit is ons beleid
U wat die Antwoord is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s