Blinde oë, Nuwe hoop

Oorgee se skatte

Oorgawe van die hart
Dit is wat ons Vader vra
Lank genoeg wil julle dit nie doen
Besef julle dat dit is hoekom julle nie kan groei in en saam met My

Dis omdat julle nie bereid is
Om oor te gee nie liefste kinders
Dis omdat julle nie wil glo
Dat Ek van beter weet

Hou asseblief op sê Abba-God
Om julle weë, julle harte
Hoe julle dinge wil doen
Bo-oor die van My te plaas

Ek roep julle sê Abba-God
Om julle weë neer te lê
My wil te bid
In alles wat julle doen en sê

En ja sê Abba-God
My liefste kinders
Al kos dit ‘n prys
Wil Ek hê en vra dat julle dit sal begin doen

Asseblief My liefste kinders
Lê neer die goed
Wat skeiding tussen ons bring
Wees bereid om gehoorsaam te wees wanneer Ek vra

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
My weë is beter as julle s’n
Asseblief hou op om dit nie te glo

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Vader-God
In die harte en lewens van My kinders
In die wat na My vra

Hou julle oë op My
Liefste kinders
Hou dit asseblief op My
En doen wat Ek vra

In My hart woon die begeerte
Sê Abba
Om vir meer en meer te wys wie Ek rerig is
Hoekom kom so min mense

Ja selfs van My kinders
Wil My nie beter leer ken
Hulle is dood tevrede
Om te bly net waar hulle is

My liefste kinders
Asseblief Ek wil nie hê dit moet so wees
Ek wil hê julle moet vra na dieper
Ek wil hê julle moet vra na meer

Soveel wat nog verborge lê
Die mooiste skatte
Waar gaan Ek die kry
Wat hulle wil kom naspoor

Julle gaan My nooit in volheid vind
As Ek nie die Een is
Om wie jy jou lewe bou
Liefste kinders Ek moet julle alles wees

Om bolangs te bly soek
Dit help niks sê Abba
Julle moet dieper
Vra na meer

Soveel meer wat vir julle wag
Lê asseblief
Julle eie weë neer
Sodat julle hulle kan vind

Oorvloeds-Lewe
Wag vir die wat bereid is
Om meer en meer te soek
Sal julle liefste kinders dit asseblief doen

Begin neerlê alles wat nie is van My
Sodat julle kan groei
Liefste kinders
In dit wat Ek vir julle wil gee

Moet asseblief nie nee dankie sê nie
Sê Abba
Ek wil julle meer gee
As wat julle kan droom

Ja
Sê Abba-God
Dit gaan vat dat julle kom
Dit gaan vat dat julle glo

In My Koninkryk moet julle eers kom
Julle moet glo
Julle moet julle self en begeertes neerlê
Sodat julle My in volheid kan vind

Liefste kinders
Sal julle dit asseblief doen
Sal julle aanhou oorgee
My aanhou vertrou?

Liefste kinders
Ek vra omdat Ek weet
Wat die beste is vir julle
Asseblief vertrou wie Ek is

Skoner as tien duisend
Blinker as die middag-son
Dit is wie U vir ons is
Dit en soveel meer ons Abba-God

Ons wil vra na
Meer van U Abba
Ons wil hierdie pad
Saam met U loop

Sal U ons asseblief wys Abba
Om meer en meer
In U weë te loop
Dankie dat U ons daarmee help

Abba ek bid diep oorgawe van hart
Oor U kinders Abba
Dankie dat U hart altyd is
Abba om ons nader aan U te bly trek

Abba elke dag
Wil ons meer en meer oorgee
Sodat ons by die volheid
Van U in ons kan uitkom

Aan Jesus
Al die lof en eer
Vir ewig en altyd
Nou ook

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s