Blinde oë, Liefde so groot

Kind Ek glo in jou

My hart breek vir kinders
Wat My nie toelaat om in hulle hart te woon
Kinders julle weet nie waarop julle uitmis nie
Julle het net geen idee

Soveel vreugde en plesier
Probeer julle vind
In dit waarmee julle julle besig hou
Tog wil dit net nie bly werk

Abba se kinders
Kinders van My hart
Hoekom wil julle nie kom
‘n Bietjie meer julle hemelse Pappa se raad probeer

Hoekom hou julle aan uitstel vra Pappa
Kinders julle weet nie
Julle besef nie dat Ek ware liefde
Lewe in oorvloed is

Pappa se kinders
Dit is tyd dat julle
‘n Bietjie meer glo
Dat Ek net liefde is

My liefste kinders
My hart is nie veroordeling nie
Nooit nie
My hart is liefde so bittermooi

Dis Ek wat julle altyd bly nader nooi
Dis Ek wat altyd sê My kinders asseblief
Wil julle nie kom en My raad probeer
Die altyd julle wat bly nee sê, sê Pappa, dis nooit Ek nie

Hoekom Pappa se kinders
Hoekom hou julle aan sê nee
My liefste kinders vir My is
Was en sal julle altyd genoeg wees

Julle moenie meer die wêreld
En die duiwel se leuens glo nie
Kinders julle is meer as
Goed genoeg

Abba se kinders, Abba se kinders
Dit is seer wat praat
Dit is seer wat julle identiteit
In My wil bly steel

Pappa se kinders
Julle moet die duiwel nie meer toelaat
Om vir julle leuens
In julle ore te vertel

Pappa se kinders
Asseblief kom
Begin glo dat Ek goed is
En net mooi

Pappa se kinders kom
Kom asseblief
Kom gee oor
Kom vertrou My hart

Kom leer My ken
Rerig ken
Asseblief Pappa se kind
Asseblief

Kom vind uit
Wat is die leuens oor My
Kom vind uit
Dat die wêreld nooit een waar ding oor My vertel

Jy kan My liefste kind
Jy kan in My kom glo
Jy kan My kom vind
Ek weet dit My liefste kind, Ek weet dit

Jy is goed
Jy is mooi
Jy is Myne
Jy kan, dit weet Ek

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s