Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Moenie bang wees nie

Kinders Ek sal nooit My hart op julle kan draai
Dit moet julle weet
Ek is goed, Ek is mooi
Ek is alles wat waar is

Liefste kinders
Julle moenie meer terughou nie
Om My te vind
Dit is so mooi

Asseblief Pappa se kinders
Asseblief
Kom vind Pappa se kinders
Kom vind uit wie Ek rerig is

Ek is nie sê Pappa
Soos wat soveel mense vir julle vertel nie
Pappa se kinders
Ek is sag, Ek is so mooi

Daar is soveel mense
Wat dink en rond-vertel
Dat Ek net wil straf
Dat Ek kwaad bly

Pappa se kinders
Asseblief
Kom nader
Kom vind uit wie Ek is

Pappa se kinders Ek soek na julle
Ek roep na julle
Ek is mooier as wat mense dink My kinders
Soveel mooier

As mense My wou leer ken
Sou hulle My nog soveel beter wou leer ken
Dit is omdat julle op ‘n afstand bly My liefste kinders
Dit is omdat julle nooit wil naderkom

Asseblief Pappa se kinders
Asseblief
Kom nader
Kom nader aan My

Ek wil nie hê
Julle moet bang wees nie
Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet kom

Deur My Seun se kruisdood
Deur Sy prys betaal aan Golgota
Kan julle met soveel vrymoedigheid en oorgawe kom
Sê net

Pappa ek glo in U, ek glo in U
Ek het op soveel van my eie paaie geloop
Maar Pappa ek wil dit nie meer doen
Pappa ek wil vra help my asseblief om op U weë te loop

Help my asseblief om U te dien
En lief te kry soos wat U verdien
Pappa-God ek plaas my vertroue in U en U Seun
Ek sê dankie vir Jesus se kruisdood

Pappa ek verstaan nou
Dit was vir my
Dankie Pappa dat ek in U kan glo
Dat U my weer ‘n kans gegee het om vir U ja te sê

Pappa my lewe wil ek aan U oorgee
Pappa ek wil my lewe vir U leef
Help my asseblief daarmee
Dankie Gees van Abba-God dat U nou in my kom woon

Maak my hart en ore asseblief skoon
Help my om U elke dag te hoor
Gehoorsaamheid aan U is mooi
Dit sal ek van vandag af glo

Dankie Abba Vader
Vir wat U kom doen het vir my
Dankie dat ek nou
Kon ja sê

Dankie dat U vandag my naam geskryf het
In die Boek van die Lewe
Van nou af sal ek groei
Net nog nader aan U bly beweeg

Ek wil uitkom by alles vir my voorberei
Ek weet dit is U volheid Abba Heer
Dankie dat ek in U kan glo
Dat U alles is wat mooi bly

Dankie Abba Vader, dankie
Aan U al die lof en eer
Halleluja in Jesus
Glorie vir altyd

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s