Blinde oë, Liefde so groot

Gevaarlike grond

Ek wil in jou hart woon
Sê die Heer
Meer en meer
Elke dag, sal jy My toelaat?

Sal jy My toelaat
Om jou alles te word
My liefste kind
Sal jy nooit, niks of iemand bo My plaas?

Want dit is wat so baie kinders doen
Sê Abba-God
As Ek vir julle kon wys in hoeveel harte ek 2de-beste is
Sal julle dit skaars kan glo

In hoeveel harte van My kinders
Sê Abba-God
Waar hulle kinders, geliefdes
Of besittings voor My is

Ek is nie hulle Anker nie
Sê Abba-God
Net die Een aan wie hulle
In moeilike tye wil vashou

Die res van die tye
Ken hulle My nie
Sê Abba-God
Hulle wil dan nie veel van My weet

Ek weet nie hoekom hulle kies
Om nooit tyd met My te spandeer nie
Of hoekom hulle nie
Hulle Woord wil lees

Hulle wil seker nie groei
In liefde vir My nie
Dit is wat hulle woorde
En aksies bly sê

Soveel kere wat hulle sê
Dat iets of iemand hulle alles is
En dat hulle nie
Sonder dit of daai persoon kan leef

Is Ek nie veronderstel
Om jou Anker in hierdie lewe te wees
My kinders
Julle kan niemand ooit bo My plaas

Julle moet My bo hou
Sê Abba
Bo alles
Bo almal

Ja My liefste kinders
Moenie toelaat dat die duiwel jou oë van My af kry
Deur jy wat ‘n geliefde
Liewer as Ek kry

My liefste kinders
Dit hoort nie so nie
Ek moet 1ste bly
Bo alles, bo almal

Dit raak so gevaarlik
Sê Abba-God
Wanneer mense wie hulle is
Op dinge of mense anders as Ek plaas

Ek moet jou alles wees
My liefste kind
Jou Rots
Die Een sonder wie jy nie kan leef

Asseblief My liefste kinders
Hou op daarmee
Geen aardse verhouding, liefde of aanvaarding
Kan gee wat Ek gee

Julle moet elke dag
GROEI in verhouding met My
Sodat julle by My volheid
Kan uitkom

Asseblief My liefste kinders
Hou op om My 2de-beste te maak
Dis nie waar Ek moet wees nie
Dis nie waar Ek moet wees

1ste plek behoort aan My
Liefste kinders
Nie jou geliefde nie
Nie jou rykdom nie

Dis so gevaarlik
Liefste kinders
So gevaarlik
Wanneer julle dinge of mense bo My plaas

Niemand mag vir jou
Meer beteken as Ek nie
Om gehoorsaam te wees aan My
Dit moet jou alles wees

In soveel
Van My kinders se lewens
Waar dit nie die waarheid is
Waar Ek 2de-beste is

My liefste kinders
Ek vra julle om te begin seker maak
Dat niks of niemand in jou lewe
Belangriker is as Ek

Begin oorgee
Begin om My meer en meer te vertrou
Begin om My te leer ken
Dan sal jy weet dat alles wat Ek jou vra om neer te lê jou by Ware Vryheid uitbring

Dis wat Vader sê
Niks of niemand kan ooit bo My wees
Jy kan en mag hulle nie
Bo My plaas

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s