Blinde oë, Nuwe hoop

Nee vlees ja gees

Begin om oor te gee
Begin asseblief vandag
Dit is
Wat ons Vader sê

Soveel kinders van My
Wat nie bereid is om hierdie pad te loop
Die een van self neerlê
Die een waar hulle My weë bo die van hulle kies

My kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle gaan nooit by Ware Vryheid uitkom
As julle aanhou om dit te doen

Om self neer te lê
Is so ‘n wonderlike ding sê Abba Vader
Want dit bring jou by al die rykdom
In die Gees voorberei

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet begin hoor
As julle nie vir self gaan begin neerlê
Gaan sy julle in die moeilikheid bly bring

Julle moet haar neerlê
Liefste kinders
Sy moet saam met Jesus
Aan die kruishout hang

Net soos wat Jesus aan Homself moes sterf
Moet ook julle dieselfde doen
My liefste kinders
Dit sal julle by Lewe bring

Julle moet julle self
En julle vleeslike begeertes
Begin afsterf
Sodat julle Lewe kan vind

Soveel kinders
Wat nie wil glo dat dit is
Wat jou by Ware Vryheid
En Blydskap uitbring

Soveel van My kinders
Wat vasgeketting wil bly sit
Met hulle aardse begeertes
Dit wat hulle wil hê

Hulle wil net nie
My hart vertrou
Hulle wil net nie glo
Dat Ek van beter weet

Ek weet altyd van beter
My liefste kinders
Dis tyd dat julle kom
Dat julle rerig begin glo

Daar is ‘n Ewigheid wat wag
My liefste kinders
‘n Ewigheid saam
Of weg van My

My hartsbegeerte sê Abba
Is vir elke mens
Om die Lewe te kies
En om by die Hemel uit te kom

Tog wil soveel van My kinders nie verstaan
Dat om die wêreld en sy begeertes
Te bly liefhê
Hulle die ewigheid kan kos

My liefste kinders alles wat julle nodig het
Om te bly glo of self neer te lê
Om vas te hou
Dit het Ek vir julle gegee

Hoekom hou julle aan
Om vir Heilige Gees nee te sê
Die Een wat Ek gestuur het
Om julle te help, leer en lei

Soveel van My kinders
Wat haar bly ignoreer
Wat nie na haar wil luister
Wat aanhou om hulle eie ding te doen

My liefste kinders
Julle gaan eendag spyt wees
Julle het nie vir haar
Ja gesê

Dan gaan julle sien
Sê Abba
Dat julle alles gehad het
Om ‘n oorwinningslewe te lei

Baie van My kinders
Sê Abba
Wat nie ‘n volheidslewe lei
Wat nie bereid is om self neer te lê

Die prys is dalk partykeer hoog vir die vlees
My liefste kinders
Maar om te begin nee sê
Gaan julle by meer rykdom in die Gees uitbring

Begin net ‘n bietjie
Ja sê vir My
En nee vir die wêreld
Dis al wat Ek vra

Julle sal gou vind
Dat Ek die waarheid praat
My weë is beter as hare
Dit sal groot blydskap vir julle meebring

Sterf aan julle begeertes
My liefste kinders
Vra na Myne en weet
Dat dit is wat vir julle Ware Lewe bring

Begin self neerlê
En vind dat Ek waarheid is
En dat alles wat Ek vra
Altyd vir jou beter is

So sal julle dit vind
Liefste kinders
As julle self net wou begin neerlê
En ja sê vir alles in die Gees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s