'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Nuwe mens

Ek is die Antwoord
Op al julle probleme
Liewe wêreld wanneer gaan julle dit sien?
Wanneer gaan julle dit begin glo?

Baie van julle wat in diep gate sit
Sê die Here
Het julle geweet Ek wil julle help
Uit iedere en elke een

Daar is niks beter
As om in die Lig te loop nie
Kinders van die wêreld
Ek wil hê julle moet dit weet

Kom na My toe vra Abba-God
Kom en weet
Dat Ek alles vir jou
Kan en wil beter maak

Dis nie vir My lekker
Om mense in die gate
Van hierdie lewe te sien nie
Al wil so baie mense dit glo

Julle is so verkeerd
My Seun is nie daarvoor gestuur
Hy is gestuur
Om jou uit jou gat te bevry!

My liefste kind asseblief
Glo in My
Vra My vir hulp en weet
Ek kan alles beter maak

Ek gee nie om wat in jou verlede lê nie
Liefste kind
Ek weet als daarvan
En tog sê Ek nogsteeds asseblief kom

Kom nader
Sê Abba-God
Kom nader aan My hart
Kom hoor hoe lief Ek jou het

Ja sê Abba-Vader
Jy met die donker verlede
Jy die een in wie so baie mense nie meer glo
Daar is HOOP vir jou

Omdat Ek gestuur is sê Jesus
Sal daar altyd hoop wees
Vir verlorenes
Vir die wie gebroke en stukkend is

Het julle geweet
Ek het vir so ‘n wêreld gekom
‘n Stukkende een
Een wat My nie wou ken

In liefde het Ek
Julle nader getrek
‘n Liefde wat altyd hoop
Dat julle sal ja sê

Asseblief liefste kinders
Begin ja sê
Ja vir My manier
Ja vir beter-wees

My liefste kind
Ek weet watter potensiaal daar in jou is
Ek het jou gemaak
Onthou

My lewe het Ek
Oor jou uitgestort
Die dag toe jy ja sê
Die dag toe jy besluit om te kom

Dit sal jou getuienis wees
Sê Abba-God
Vir die res van jou lewe
As jy net ja sê

‘n Nuwe mens
Kan Ek jou maak
Van binne-in
Alles sal Ek vergeef

My liefste kind
Niks maar niks
Sal Ek teen jou hou
My Seun se bloed vergeef elkeen

My liefste kind asseblief
Kom nou
Kom gou
Asseblief moenie meer uitstel

Want vir jare
Hoor jy al die geroep
Sê Abba Vader
En jy wou net nog nooit ja sê

Hoe wens Ek
Jy het toe al ja gesê
My liefste kind
Jy het toe al gekom

Dinge kon
Soveel anders wees
My liefste kind
Dinge kan nogsteeds

As jy net in My wou glo
My ‘n ware kans wou gee
Om alles te draai
En beter te maak

Want Ek kan sê die Heer
Ek kan ‘n splinternuwe lewe
Vir jou gee
As jy net moeg is vir die ou een

My Seun se bloed
Maak alles reg
My Seun se bloed
Maak die grootste sondaar vry!

Ek vra jou
Om in My te glo
My liefste kind
Ek vra jou om te kom

Sal jy asseblief nie meer nee sê
Sal jy begin sê
Ja asseblief
Ek moes al lankal

Want U alleen
Kan alles draai vir goed
U alleen kan die slegste sleg
Mooi maak

Ja sê die Heer
Ek stem
Ek kan en Ek gaan alles vir jou beter maak
As jy net wou kom

Ja liefste kind
Ja alles gaan dalk nie
In een dag gebeur
Maar ons moet begin

Begin om My, Jesus, aan te neem
As jou Saligmaker, Heer en Vriend
Sodat ‘n nuwe mens
Saam met My kan opstaan

Hierdie nuwe mens
Hoef net te groei in liefde vir My
In liefde vir sy naaste
Elke liewe dag

Baie gaan dalk gebeur
Om jou weer van My af weg te neem
Maar kind in My krag
Moet jy sterk staan

Onthou wat het Ek gesê
Die dag as jy My waarlik innooi
Sal jy nooit weer
Alleen wees

Ek is altyd by jou
Saam met My sal jy triomfeer
Oor elke slag
Oor alles wat jou vreugde wil ontneem

Staan net sterk
In My krag
En weet saam
Sal ons elke reus verslaan

In Jesus se wonderlike heilige naam, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s